Die grootste tragedie van die kerk in 2013

image_pdfimage_print

Blog39c

Has this world been so kind to you that you should leave it with regret?  There are better things ahead than any we leave behind. —C.S. Lewis

 

Die grootste tragedie van die kerk

Evangelisasie is besig om dood te loop. Waar gemeentes nog numeries groei is dit omdat hulle lidmate van ander gemeentes getrek het. In min gemeentes is daar nog ‘n passie vir evangelisasie. Sodra evangelisasie nie meer ‘n prioriteit vir kerke is nie, sal die kerk mettertyd doodgaan.

 

 

Hoekom moet evangelisasie ‘n prioriteit in gemeentes wees? Thom Rainer het sewe redes geïdentifiseer.

  • Jesus Christus het dit beveel. Lees net sy laaste opdrag aan sy dissipels in Matteus 28:18 – 20. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels. Daar is baie ander plekke waar die prioriteit van evangelisasie ook duidelik gemaak word. God het beveel; ons moet gehoorsaam.
  • Want Christus is die enigste  weg van verlossing. Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie (Johannes 14:6). Net een weg. Jesus het ‘n dringende en eksklusiewe boodskap gehad. Ons moet dit uitdra.
  • Want Christus het vir die wêreld gesterf. Jesus is die enigste weg, maar Hy het ‘n weg vir ons gegee. Dit is ‘n dringende boodskap wat vertel moet word.
  • Gemeentes wat nie doelbewus evangelisasie prioritiseer nie, doen dit nie of doen dit sleg. Maak seker evangelisasie is ‘n prioriteit in jou gemeente.
  • Gemeentes wat nie na buite beweeg nie, kry ‘n obsessie na binne. Waar spandeer jou gemeente sy tyd en energie? Binnegevegte? Aanbiddingsoorloë? Magstryde?  Dit is obsessie na binne. Maak evangelisasie ‘n prioriteit en die fokus skuif na buite – daar is nie meer tyd vir al die binnegevegte nie.
  • Gemeentes word selfvoldaan as hulle net lidmate van ander gemeentes trek. Baie gemeentes groei, maar dan ten koste van ander gemeentes. Ons is nie besig met evangelisasie as ons net gelowiges hersirkuleer nie.
  • Christene wat evangeliseer  groei geestelik. Hulle is gehoorsaam aan Christus. Dit beteken hulle gehoorsaam sy onderrig – hulle word gelowiges wat vrugte dra.

 

Meeste gemeentes is besig met programme, aktiwiteite en bedienings; min gemeentes stuur lidmate uit om te gaan evangeliseer. Geen wonder dat Dallas Willard sê dat the Great Commission has fast become the Great Omission.

 

Evangelisasie is besig om dood te gaan. Gemeentes is besig om dood te gaan. Dit is die grootste tragedie in die kerk vandag.

image_pdfimage_print

You may also like...