Die najaag van geluk is ’n doodloopstraat

image_pdfimage_print

Die najaag van geluk is ’n doodloopstraat

Toe God met Job uit die stormwind gepraat het (Job 38) het God vir hom gesê dat Hy die aarde se fondamente gelê het. Dit beteken dat Hy alles gemaak het. Daardie oggend toe die sterre saamgesing het en die hemelligame gejubel het. As ons terugdink so ver as moontlik is vreugde wat ons kry. Die sterre van God en die hemelliggame sing en jubel van vreugde.

In Openbaring, as ons so vêr as moontlik in die toekoms kyk, kry ons ‘’n soortgelyke vreugde. Die hele skepping is om die Seun se troon vergader en hulle sing van vreugde – ‘’n groot uitbundige koor. Te midde van diegene wat daar saamgetrek is, is daar 24 ouderlinge wat die twaalf stamme van Israel en die 12 apostels van die kerk verteenwoordig. Hulle sit hulle krone voor die troon neer (Openbaring 4:10)

Ons geloof, ons hele bestaan, begin en eindig met vreugde. En tussen die begin en einde is daar vreugde: oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad (PSALM 46:5).  Jesus sê dit reguit: dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees (Johannes 15;11). Paulus skryf aan die Filippense oor blydskap: Maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees; een in liefde, een van hart  en in strewe (Filippense 2:2).

Die bron van geluk is ons omstandighede. Die bron van ons vreugde/blydskap is God.

image_pdfimage_print