Die Tien Gebooie: Geen ander gode nie (1)

image_pdfimage_print

There are great stories in the Bible … but it is possible to know Bible stories, yet miss the Bible story (Ed Clownwy)

 

Die Tien Gebooie: Geen ander gode nie (1)

Ons het vanjaar reeds na die Apostoliese Geloofsbelydenis en die Ons Vader-gebed gekyk. Ons gaan nou na die Tien Gebooie kyk. Ek gaan onder andere gebruik maak van Michael S. Horton se  The Law of Perfect Freedom.

 

Jy mag naas My geen ander gode hê nie (Eksodus 20:2)

 

As jy hulle vra, sal die meerderheid Suid-Afrikaners sê dat hulle aan God glo. Maar is dit die God wat Hom in die Bybel aan ons geopenbaar het? Mense verwys na God as ‘n algemene beginsel van goed wees. Mense glo nie dat God gevrees moet word nie – ook nie dat ons Hom moet/kan liefhê nie.

 

Dit bring ons by ‘n heuwel in Atene (Handelinge 17). Ons lees hierdie mense het hulle tyd aan niks anders bestee as om iets nuuts te sê of the hoor nie. Daar praat Paulus met ‘n heidense gehoor. Hy prys hulle vir al die aanbiddingsplekke in die stad – hulle is darem godsdienstig. Daar was selfs ‘n altaar aan  ‘n onbekende god! Dan sê Paulus: Wat julle aanbid sonder om daarvan kennis te hê, verkondig ek aan julle. Is dit nie die toestand vandag nie? Ons is baie godsdienstig, maar soos die Ateners is ons godsdiens ook maar vaag – ons aanbid ook dikwels sonder die nodige kennis. In verse 24 – 36 vertel Paulus hulle van hierdie enigste ware God. Kom ons kyk wat sê hy:

  • Paulus beskryf hierdie een ware God as die God wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het – Hy is die Here van hemel en aarde. Hy is soewerein, want Hy het geskep, Hy onderhou, Hy beheer en Hy sal die wêreld oordeel. Soos die pottebakker sy wiel en klei beheer, so beheer God die skepping (Jesaja 29:16).
  • Hy is nie ‘n God wat ander gode (werk, plesier, verhoudings, dinge, ander godsdienste, ens) verdra nie. Ons kan Hom nie net af en toe aanbid nie.

 

Die basiese misverstand van die goddeloses gaan oor die soewereiniteit van God. Heidense gode bestaan om mense gelukkig te maak – gode bestaan vir die mense. Paulus sê aan die Ateners dat God niks by die mens nodig het nie. Luister hoe stel Paulus dit in Romeine 11:35 – 36: Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? Wie bewys Hom ‘n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen? Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot  in ewigheid! 

 

Voordat ons verder gaan, is daar ‘n belangrike vraag wat ons eers moet antwoord: Wat is afgodery?

image_pdfimage_print

You may also like...