Ek is besig

image_pdfimage_print

 

God has so closely twisted his own glory and our happiness together, that as we advance the one we promote the other. —C.H. Spurgeon

 

Ek is besig

Meeste van ons is besig. Ons hou nie noodwendig daarvan nie, maar moet leer om dit te hanteer. Maar om besig te wees, is nie net ongemaklik nie – dit kan gevaarlik wees: Busyness sends more people to hell than unbelief (Blaise Pascal). Die probleem is dat om besig te wees ons ‘n gevoel van belangrikheid gee.

Die mite dat besig wees en getrouheid dieselfde is, word deur Jesus verbreek. Hy wys vir ons ‘n beter weg vorentoe: rus in Hom. Maar hoe kan ons dit doen?

  1. Slaap

Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap (Psalm 127:2). Dit is nie jou besigwees wat wys dat jy naby aan God is nie, maar jou vermoë om te midde van ‘n rustelose kultuur te kan rus. Ons moet leer dat terwyl ons slaap God die wêreld bymekaar hou – sonder ons hulp. ‘n Gebrek aan slaap veroorsaak nie net fisiese probleme nie, maar lei tot sinisisme wat ons geestelike lewe ruïneer. Slapeloosheid ontneem ons ons vreugde en beëindig ons lewe vroegtydig.

 

  1. Weier om jou oor môre te bekommer

Moet jou dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie (Matteus 6:34). Jesus sê hier dat Hy môre met ons sal wees, net soos Hy vandag by ons is. Die Israeliete in die woestyn het net manna vir een dag gekry, want God sou môre weer voorsien. God is steeds besig om vir ons dieselfde les te leer.

 

  1. Skep ruimte

Prioritiseer die groot “rotse” in jou lewe en vul die sand in so ver as wat moontlik is. Hou die perifere dinge perifeer. Neem beheer oor jou dagboek, want as jy dit nie doen nie, gaan iemand anders beheer oorneem.

 

  1. Hou die Sabbatte

God het ‘n hele aantal sabbatte aan ons gegee. Die doel van die Sabbat was om doelbewus op te hou werk. Slaap is ook ‘n Sabbat. Dit herinner ons dat ons nie God is nie. Hy versorg ons. Sabatte is gawes en voorregte en nie pligte nie. As ons dit besef, lei dit ons om in Christus te rus.

 

Om die gevare van besigwees te ontsnap, moet ons rus vir ons siel kry.

 

 

 

image_pdfimage_print