Ek het ‘n fout gemaak (2)

image_pdfimage_print

 It is folly to think the Lord provides grace for every trouble but the one you are in today. —C.H. Spurgeon

Ek het ‘n fout gemaak (2)

In die vorige blog het ons gekyk na hoekom Maria Magdalena oorspronklik nie vir Jesus Christus kort na sy opstanding herken het nie. Nou kyk ons na die tweede vraag:

  • Sukses: Hoekom het Maria Magdalena later die opgestane Jesus herken net om deur Hom aangestel te word om sy oorwinning oor die dood aan die apostels en ander aan te kondig?

Toe Jesus haar naam noem, word al haar sintuie weer “wakker.” Sy sien en hoor Jesus se teenwoordigheid en stem. Wat oënskynlik die Vrydag in ‘n tragedie geëindig het, is nou die begin van ‘n buitengewone bediening van Jesus, sy volgelinge en sy kerk.

Hoekom was Maria die eerste persoon om die opgestane Jesus te sien? Hoekom het sy die opdrag gekry om die Goeie Nuus aan die apostels en aan ander oor te dra?

Rede #1: Hart

Maria se hart fokus op Jesus; sy wil Jesus, haar Verlosser en Here, se lyk kry. Vandag fokus baie gelowiges daarop om die verlede terug te wen en hoor glad nie Jesus se stem nie – hulle voel nie sy teenwoordigheid nie. Kan ons wandelende harte nie maar net op Jesus fokus nie.

Rede #2: Liggaam

Maria is hartseer. Sy is alleen. Maria weet uit persoonlike ondervinding dat Jesus haar persoonlike Verlosser is en al haar seerkry kan genees. Sy wat eerlik in haar seerkry was, was die eerste wat die Goeie Nuus wat genees, ontvang het. Dit is steeds moontlik om die Goeie Nuus van God se genade in tye van fisiese hartseer te ontvang. God gebruik steeds hartseer en siekte om ons sintuie “wakker” te maak.

Rede #3: Gees

Maria se aandag word deur haar gesprek met die engele afgetrek. Daar is niks mee verkeerd om aandag aan so ‘n ondervinding te gee nie. Vir Maria was dit ‘n tydelike onderbreking – soos dit vir ons ook moet wees. Ons aandag word so maklik deur ‘n betekenisvolle “aanbiddingsgeleentheid” vasgevang dat ons nie die lewende Here self ondervind nie. Soms is ons so vol van eerlike danksegging aan God vir ‘n wonderlike geleentheid of groot oomblik dat ons daardie kosbare persoonlike ontmoeting met die opgestane Jesus misloop.

Rede #4: Verstand/denke

Maria is stadig om Jesus te herken, want Hy lyk anders. Maar sy verstaan iets van verandering, want sy is self deur Jesus Christus se genade getransformeer. Ons moet ook oop denke hê – gelei deur die lig van die Skrif en die ware getuienis van die Heilige Gees. Dan sal ons Hom sien en hoor.

Ons kan baie uit Maria se mislukking en sukses leer. Laat ons Hom soek. Hy het immers belowe om elke dag by ons te wees tot aan die einde van die wêreld.

image_pdfimage_print

You may also like...