God wil meer as my stiltetyd hê

image_pdfimage_print

 

Ignorance of the Scriptures is ignorance of Christ. – Hiëronimus

 

God wil meer as my stiltetyd hê

Ons kan nie die lewe van geloof en gehoorsaamheid wat God van ons verwag, leef sonder dat ons daagliks tyd opsy sit om naby aan God deur sy woord en gebed  te kom nie. Stiltetyd is ernstig en kan nie afgeskeep word nie. Maar hierdie geestelike dissiplines  is nie en sal nie genoeg wees vir ons totale Christelike ondervinding nie.

 

Die rede hoekom my stiltetyd belangrik is, is omdat dit ons lewens verander – om sy evangelie uit te leef. Ons verdeel dikwels ons lewe in kompartemente. Ons het dinge vir God – Bybelstudie, gebed, bywoon van eredienste, ens. Dan het ek dinge vir myself – my werk, my sosiale lewe, my vrye tyd … Hier kom die evangelie nie. Dit is nie dat ons aktief sonde doen op hierdie gebiede nie, maar ons gee ons ook nie oor aan God se wil en doel nie. Ons leef net vir onsself.

 

Maar as ons die Bybel lees, besef ons dat God verklaar: MYNE. Dit geld vir my hele lewe, nie net my stiltetyd nie. Die verhoudings wat ons met ons medewerkers en vriende het, is geleentehede wat deur God bepaal is waartydens ek die evangelie kan verkondig. God wil hê dat ons hierdie mense moet liefhê deur Jesus Christus vir hulle te wys. Hy wil hê dat ons hulle moet dien, vir hulle moet intree. My verhoudings is nie myne nie.

 

Selfs my vrye tyd is God s’n. Natuurlik is daar niks mee verkerd om vermaak te geniet nie, maar dan matig. Jesus het my nie verlos om elke dag ure deur Facebook te gaan of op Netflix te spandeer nie. My lewe is ‘n nuwe skepping en moet aan optredes met ‘n ewigheidsimpak gespandeer word: dien in die gemeente, diens aan ander, drink koffie saam met ongelowige vriende, ens. My vrye tyd is nie my eie nie. Doen ons dit, vind ons dat  die selfgesentreerdheid vervang word deur blydskap en vryheid. Ons kyk nou buite onsself. In plaas daarvan dat ons op ons eie sake en versoekings fokus, fokus ons nou op God en ander mense.

 

Natuurlik ondervind ons ook blydskap en vrede as ons die Bybel lees en bid. Maar as ons ons Bybels toemaak en van ons knieë opstaan, is dit nie verby nie. Stiltetyd is die vlam wat ons hele lewe  bepaal. Ons stiltetyd moet oorloop na elke ander gebied van my lewe.

 

Lees jou Bybel en bid gereeld, maar moenie daar ophou nie. Gee jouself oor aan die goeie werk van God se koninkryk. Laat jou lewe ‘n bron van genade wees vir diegene om jou – binne en buite die gemeente. ‘n Lewe volledig aan God gewy.

image_pdfimage_print