Hoe klink Sondagoggende in jou gemeente?

image_pdfimage_print

 

God forbid that I should travel with anybody a quarter of an hour without speaking of Christ to them. George Whitefield
Hoe klink Sondagoggende in jou gemeente?

Wat hoor jy as die gemeente sing? Wat definieer die klank? Die orrel? Die kitare? Die drom? Die soliste? Natuurlik geniet en waardeer ons almal, maar die klank wat Sondagoggende behoort te definieer, is die stemme van God se mense.

 

  • Net een instrument sing

God is nie teen musiekinstrumente nie. Baie van die psalms is geskryf om deur snarespel begelei te word. God vra dat sy lof op tamboeryne, liere, harpe en trompette gespeel word. Lees net weer Psalm 150. Maar net een instrument sing. Net die stem bring lofwoorde voort – uitdrukkings van God se mag, goedheid, genade, ens. Net die menslike stem verklaar die waarheid. Selfs die beste note kan niemand red nie. Ons soek desperaat na ‘n woord wat goeie nuus aankondig – wat ons aan die waarheid wat ons almal nodig het, herinner.

 

  • Diegene wat deur God gered is, sing tot God

Musiek is deel van elke mens – al is jy nie baie musikaal nie. Dwarsdeur die Bybel sing God se mense – mense verlos deur sy genade en deur liefde. Dit is nooit beperk tot die talentvolles of opgeleides nie. Dit is deel van Christenwees. God het sy Naam in jou hart en op jou lippe geplaas.

 

  • God beveel almal van ons om te sing

Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat u Naam liefhet, en hulle juig oor U (Psalm 5:12). Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade … Sing tot eer van die Here, almal op aarde! Verkondig elke dag sy reddingsdade (1 Kronieke 9 en 23). Ons kan nie God se opdrag om te sing sommer net ignoreer nie. God het vir ons een manier waarop Hy verheerlik en aanbid kan word, gegee – deur te sing.

 

  • Sing tot God is ‘n wonder

Nie alle sing is ‘n wonder nie. Wat ‘n lied ‘n wonder maak is wanneer dit uit ‘n verloste en opregte hart kom. Dit is ‘n lied van genade wat nie van diep binne ons kom nie, maar va bo af. Hy het my ‘n nuwe lied in die mond gelê, ‘n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou! (Psalm 40:4). Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied (Psalm 28:7).

 

  • Voorsangers vra vir aanbidders, nie toeskouers nie

Voorsangers moet mense na God toe bring en dan uit die pad kom – ‘n moeilike taak, want hulle moenie die aandag op hulleself fokus nie. Soms is dit moeilik om te onthou waarom ons sing.

 

God wil hê dat ons die musiek as ‘n gawe van Hom moet geniet. In ons liedere moet on Hom aanbid. Maar hoor ons die mense sing of hoor ons net die instrumente en die voorsangers?

image_pdfimage_print