Oor lewe en dood effe anders gepraat – Johann Voges
1
Korintiërs 15:35 58
DOODSESTILTE
Johann Voges (2021)
Daar is ʼn doodse stilte op daai oomblik
Met jou gebore raak en as jy heengaan
Stomgeslaan vir ʼn morsdoodse wyle
waar jy by iemand se sterfbed staan…
Heilige stilte by daai oomblik van oorlye
waar jou dink en voel doofstom toeslaan.
By iemand se doodgaan is wa jy stilraak
g’n woord kan uiter oor hoe jy rêrig voel
asof ek in stilte helemaal afgestomp raak
opnuut weer moet dink wat lewe bedoel
In daai doodse stilte se deurmekaar raak
is wa ekjy s nie meer hier hartseer voel
Sou ek Mart weer by my wil terughê… nou
na haar doodgaan sukkel se hele warboel
en dan ander dag weer agterbly om te rou
nog ʼn doodloopstraat in… met wat
se doel.
Met ʼn geliefde se heengaan sterf iets in jou
wat oorbly is ʼn al-een nêrens hoort gevoel
Here, wa is U… hoe moet ek U raaksien nou
in hierdie doodse stil te na my maat se dood
Dit voel of U die deur na U vir my gesluit hou
daai deur wat toegewaai het met haar dood
Ek weet dis nie U wat die deur vir my toehou,
maar my bang om daar te staan in my nood
doodse stilte is wat my daar verflenter knou
Ek slaaploop in ek roetine sonder ʼn ons ’ ene
Almal wil van al my planne weet hiervandaan
terwyl ek skaars gestaan kry op my mank bene
By die Here seoop deur kry ek ʼn stille verstaan
Job seginnam woord om my troos te verlene
daars nie altyd ʼn verkla arbare rede vir verstaan
vertrou My indoodse stilte… Ek is jou al Ene !
Daar word vertel vann dogtertjie wat in die Sondagskool gehoor het dat n mens eintlik uit stof ge maak is en as jy eendag doodgaan jy weer in stof ver ander. Die aand net voor slaaptyd sien sy toe onder haar bed n lagie stof lê . Mamma ””, roep sy opge wonde, hier lê iemand onder my bed, maar ek weet nie of dié mens kom of gaan nie ””.
Watter verskil maak dit om te sê “ek glo!”
So het ons elkeen ‘n eie prentjie oor wat lewe en dood beteken. In my jongere jare het my prentjie te doen gehad met wat ek met die lewe wat vir my voorlê wil maak. Maar hier so na my middeljare se kant toe het daai prentjie verander na ‘n wonder oor die rêrige verskil wat ek nog gemaak sal kry tot doodgaantyd. Hoe ‘n mens hierdie vraag geantwoord kry is in ‘n sekere sin maar net ‘n ander manier van te sê “waarom glo ek rêrig!”
Daar is diegene wat CChristene hristene word omdat hulleword omdat hulle bang is vir hel toe gaanbang is vir hel toe gaan. . DieDie dag toe hul banggeit hiervoor dag toe hul banggeit hiervoor opraakopraak, , was doodgaan gwas doodgaan g’’n probleem n probleem meer niemeer nie. B. Bangangweeswees hiervoor is vir hulle hiervoor is vir hulle ‘‘nn sondesonde–skandeskandemaak maak iets iets waarvoor jy waarvoor jy askiesaskiestogtog moet bidmoet bid,, of dis sommanet of dis sommanet ’’n duiweln duiwel–bangpraatbangpraat–storie vir storie vir kleinkleinglo mense.glo mense.
Daar is ook mense wat
Daar is ook mense wat CChristene word vir die voordeel wat daarhristene word vir die voordeel wat daarmee saammee saamgaan. gaan. Hulle Hulle wat so wat so alles het en alles het en altyd altyd kry kry wat hulle wil hê, laat my altyd so skuldig voel om met hulle oor doodwat hulle wil hê, laat my altyd so skuldig voel om met hulle oor doodgaan se bang te praatgaan se bang te praat. W. Want in hul eiegeit metant in hul eiegeit met die die Here sukkel hulle nie met hoe jy geleef kry terwyl jy doodgaan Here sukkel hulle nie met hoe jy geleef kry terwyl jy doodgaan nie, nie, of die andersomgeit daarvanof die andersomgeit daarvan wat gewat gewone menswone mense e oor wonder en wakkerlê nie.oor wonder en wakkerlê nie.
Jy moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek bedoel dit nie lelik nie, maar hierdie manier van dink oor christenwees laat my dan wonder: “Maar Here, waar was ek dan toe hierdie soort vrymoedigheid en slimgeit oor die doodgaan uitgedeel is? Want elke keer as ek iemand sien doodgaan of by ‘n oop graf moet staan, voel ek so oorweldig deur die nie-verstaan van doodgaan, so bewus dat hier besig is om iets te gebeur waarvan ek nie die vaagste benul het nie. Ek weet nie wat ek daarin raakgesien moet kry of wat om met my tranerigeit daaroor te maak nie.”
“Hoekom, jy’s dan ‘n dominee, jy moet mos weet”, hoor ek jou hardop dink. Ek wens soms ek het geweet, maar weet jy hoe meer ek met die dood te doen kry, hoe meer is ek bewus van my eie stukkie bang- en onsekergeit daaroor. Miskien omdat, hoe ouer ek word, doodgaan nie meer iets is wat net met ander mense gebeur nie. Ek wonder alhoemeer oor wanneer dit my beurt is. Hoe weet ‘n mens wat jy gepak moet kry vir hierdie oorloop na hier anderkant toe? Hoe gaan doodgaan voel? Sal ek dit heelhuids gemaak kry soontoe? Hoe lyk hierdie anderkant waarnatoe ons dink ons op pad is rêrig?
Daar is baie stories en slim teorieë oor wat by iemand se doodgaan veronderstel is om te gebeur. Die kere waar ek by iemand se doodgaan gestaan het, was al waarvan ek toe intens bewus geraak het dat hemel en aarde hier op ‘n manier so naby aanmekaar kom dat ek my skoene wou uittrek – al wat ek toe geweet het, is dat ek daar op heilige grond gestaan het.
Wat word van my die dag as ek doodgaan?
In Korintiërs wonder en vra die kerkmense van indertyd ook oor doodgaan. By Paulus wou hulle weet wat word van my in doodgaan? Gaan my nou se liggaam eendag by die wederkoms net wakkergemaak en afgestof raak sodat ek dan maar net weer met my lewe, waar dit hier opgehou het, daar netso kan aangaan?
Die vrae wat Paulus hier moes antwoord, gebeur in ‘n gemeente waar almal nie dieselfde oor doodgaan gedink of gevoel het nie. Daar was mense in Korinte wat die opstanding uit die dood helemal ontken het (1 Korintiërs 15:12). Vroom kerkmense wat soveel as moontlik van die gawes, wat God vir sy werk in die kerk gee, probeer opraap het vir hul eie aansien en plek in die gemeente en samelewing. Ongelukkig het hierdie vroomgeit ‘n al groter snobwaarde in die gemeente van Korinte begin kry. Jy is daar al meer gerespekteer vir hoe goed jy in tale kon praat, of vir jou vermoë om profesieë te kon uitlê, of hoe jy siekes gesond gebid kon kry (1 Korintiërs 12-14). Sondae se eredienste het ‘n kerkskou geraak waar almal kom spog het met hul versameling van “geesgedrewe” gawes wat hulle soos erekleure-balkies op hul kerkbaadjies gedra het.
Hulle was nogal op Sondae vroom kerkmense, maar in die week kon hulle kuier en kattemaai soos enige mens wat nog nooit die binnekant van ‘n kerk gesien het nie (1 Korintiërs 15:33-34). Vir hulle het die lewe uit twee weerskante bestaan, waar die een deel te make het met ‘n vroomgeit wat op sekere plekke en tye hoort en ‘n ander deel waarmee jy maak net wat jy wil. Waarskynlik iets van Plato se manier van dink, uit die destydse Griekse wêreld, waar my gees en liggaam se doen en late g’n wedersydse uitwerking op mekaar het nie. Jou gees hou jy eerbaar vir die ewigheid, maar jou liggaam kan jy maar opgebruik. Jou liggaam is ‘n “tydelikheid” wat jy in elk geval mos hier agterlos in jou oppad-wees na die ewigheid toe iewers hier anderkant (1 Korintiërs 5-7).
‘n Ander snaakse gewoonte wat sommige kerkmense in Korintiërs gehad het, was om hulle vir dooies te laat doop (1 Korintiërs 15:29). Wat dit presies behels het, weet ons nie rêrig nie. Hulle het skynbaar hiermee geglo dat as jy jou laat doop vir iemand wat reeds dood is, kan dit tot voordeel van daai persoon hier anderkant wees.
Dis ironies as jy dink dat hulle terselfdertyd geglo het dat daar geen lewe na die dood is nie. Ek dink die Korinte-kerkmense se verskille oor wat alles met ‘n mens se doodgaan gebeur, is niks anders as hul destydse sukkel-manier om iets te probeer verstaan van die grootste misterie van mens-wees: hoe oorleef ek my eie doodgaan die dag as dit my beurt is om hier na anderkant toe te gaan. Dis met hierdie verwarringe in gedagte dat Paulus sê: om oor doodgaan vrae te vra, moet jy eers antwoorde kry op wat lewe beteken (1 Korintiërs 15:21 e.v.) Die enigste stukkie sekerheid hierin is dat Jesus aan ‘n kruis gesterf en uit daai doodgaan opgestaan het om op hierdie manier vir ons ‘n lewe te gee wat nie meer doodgaan nie … ‘n lewe wat noual geleef kan word, maar ook eendag as ek hier anderkant vir altyd by Hom is en in sy teenwoordigheid sy volle wese kan ervaar (Johannes 11:25-26; 1 Korintiërs 13:12 e.v.; 15:53 e.v.)
As dit dan my tyd is om eendag te sterf, sê Paulus, is my opstanding nie maar net ‘n afstof van my nou se liggaam nadat dit doodgegaan het nie. Daar gaan ‘n dag kom dat God dit wat nou tot niet gaan sal verander om vir altyd te hou (1 Korintiërs 15:42). God gaan dan op sy manier ‘n plan maak met die oudword en doodgaan van my nou se liggaam en dit in ‘n opstandingsliggaam verander (1 Korintiërs 15:44). Jy wil weet hoe dit gaan lyk of voel om so te wees? “Ek weet nie”, sê Paulus, “al wat ek weet is dat God dit op sy manier gedoen sal kry” (1 Korintiërs 15:43).
Ons hoef glad nie te wonder of God dit sal kan regkry nie. Van die begin af is dit hoe God sy skepping aanmekaar geweef het. As jy fyn kyk, sal jy dit in elke dag en seisoen daar buite in die natuur ook sien gebeur. Vat nou maar byvoorbeeld enige saadjie wat iewers gesaai word (1 Korintiërs 15:37-38). Jy kan nie dink dat daai saadjie in jou hand eendag ‘n uitgegroeide plant kan raak nie. Netso kan jy jou dit nie indink dat jy wat nou so verganklik voel en lyk en so met die ouderdom saam al meer opraak, eendag ‘n nuwe “onverganklike” jy gaan word nie. Maar hoe dit presies gebeur en dit eendag hier anderkant gaan lyk en voel en hoe om daar te kom en of ons daar gaan eet, drink, trou of werk, weet niemand nie, net God weet dit! Daarom bly doodgaan steeds vir ons almal hier aan die duskant ‘n redelike stuk misterie. En daar was ironies ook nog niemand wat tot hede vandag toe daarvan af teruggekom het en iets daaroor gesê het nie. Lasarus het niks hieroor gesê nie (Johannes 11) of die dogtertjie van Jaïrus (Matteus 9:18-26) of enige mense wat Jesus uit die dood uit laat opstaan het nie (Matteus 11:5). Paulus is al een wat in sy tweede brief aan die Korintiërs dit waag om te sê: “ek het skielik op ‘n dag gesterf (is na God se woonplek gevat), hoe en waarnatoe weet ek nie en hier anderkant het ek dinge gehoor waarvoor ek nie taal het om mee te kan oorvertel nie” (2 Korintiërs 12:1-4). So asof hy wou sê dat die goeters van hier anderkant nie rêrig hier duskant enige sin maak nie. Maar miskien nog belangriker, asof die Here hiermee wou sê: “my kind, vertrou My, jy hoef nie bang te wees nie. Ek sal ook in jou doodgaan by jou wees”. Wat ons wel seker vir mekaar kan sê, is dat ons waarskynlik hier anderkant net so verskillend sal wees soos nou (1 Korintiërs 15:40-41), uniek soos God elke mens van die begin af aanmekaar geweef het. Ja, maar wat maak ons vandag met die talle stories van mense wat, anders as Paulus, vir jou presies kan vertel wat hulle in hul skyndood ervaar het? Paulus se “misterie” oor sy doodgaan-ervaring maak vir my meer sin as al hierdie stories wat so van mekaar verskil oor dieselfde ervaring dat jy begin wonder of al hierdie mense van dieselfde “plek” af teruggekom het. Daarmee wil ek nie ‘n streep trek deur mense se onthou van hul skyndood-ervaring nie. Al wat ek probeer sê, is dat die misterie van doodgaan ervaar en die hoe- waarnatoe-van-hier-na-hier-anderkant-toe iets bly waarin my vertroue op die Here groter behoort te wees as wat wie ookal hieroor te sê het.
Paulus waag dit om iets meer te sê oor sy ervaring van “die lewe hier anderkant”. Hy sê dis nie maar net ‘n tweede opstanding of duplisering van ons aardse bestaan van hier duskant nie. Daar gaan God jou nie net skoonwas en nuwe klere aantrek en klaar nie, Hy gaan ook nie net die “nuwe jy” weer oor jou ou vuil klere van beperkings en tekortkomings wat jy hier gedra het, laat aantrek nie. Hy gaan my en jou nuut maak, oormaak (1 Korintiërs 15:44 e.v.), soveel so dat die sogenaamde geesmense, wat nou so ten alle koste van hul liggame ontslae wil raak, sal wens om daai nuwe liggaam te kan hê… sal wens dat hulle hulself elke dag beter opgepas het en meer moeite gedoen het om as mense reg te lewe. En die wat dink dat hulle in hul huidige liggame alles het, sal besef dat hulle nou maar net ‘n eerste lekkie van die eintlike roomys wat nog kom geproe het. Hier anderkant gaan die Here vir ons “hemelse liggame” gee (1 Korintiërs 15:48 e.v.) wat soos die hemel lyk om in die hemel te kan lewe. Hoe presies, weet ek nie; daarmee moet ek die Here vertrou; Hy weet, Hy kan, Hy sal sorg …
Het Paulus hiermee enige vrae ooraulus hiermee enige vrae oor doodgaan klaar gedoodgaan klaar geantwoordantwoord? ? Nee, natuurlik nie, want hy moes ook maar op sy Nee, natuurlik nie, want hy moes ook maar op sy manier leer saamleef met die spanning vanmanier leer saamleef met die spanning van ““oor die dood bly daar steeds ‘n stuk misterie vir solank ek en jy nog hier oor die dood bly daar steeds ‘n stuk misterie vir solank ek en jy nog hier op aarde leefop aarde leef””.. Dat ek daDat ek daaromarom, w, wanneer dit my beurt isanneer dit my beurt is,, die Hdie Here Jesus sal vertrouere Jesus sal vertrou –– HyHy wat wat meer as meer as twee duisendtwee duisend jaar jaar gelede al reeds uit die dood uit opgestaan het en lewegelede al reeds uit die dood uit opgestaan het en lewe!! Dat Hy, Dat Hy, soos wat Hy elke dag hier naby my is, oppad na hier soos wat Hy elke dag hier naby my is, oppad na hier anderkant anderkant toe toe ook ook by en met my by en met my sal sal weeswees –– waarskynlikwaarskynlik anders as nouanders as nou,, omdat ek ook dan anders gaan wees as nou. omdat ek ook dan anders gaan wees as nou. Wat ek nou vir dan nodig het, is geloof en Wat ek nou vir dan nodig het, is geloof en ‘‘nn blindeblindelingselingse vertroue in die Herevertroue in die Here wat ek nie kan sien wat ek nie kan sien nie nie en en wie wie se manier se manier van doen van doen ek ek nie altyd verstaan kan kry nie.nie altyd verstaan kan kry nie.
Met Jesus se opstanding het die dood sy ‘eina’maak (angel) verloor
Daarom kan ek dit waag om saam met Paulus in die geloof te sê: “dood waar’s jou angel?” (1 Korintiërs 15:55b). Die woord wat hier met angel vertaal word, verwys waarskynlik na ‘n skerpgemaakte stok waarmee die slawe indertyd aangejaag of selfs gemartel is. Dit kan ook verwys na die prikkelstok waarmee beeste in ‘n drukgang aangejaag is. Daarmee wou Paulus sê: so was die sonde eintlik soos ‘n skerp stok wat gelowiges in die drukgang van die lewe na die dood toe aangejaag het (1 Korintiërs 15:56). Dis die sonde wat sorg dat g’n mens ‘n ander pad kan loop as dié ene wat op die dood uitloop nie. Maar nou is dit gelukkig iets van die verlede. Deur die Here Jesus se kruisiging en opstanding uit die dood, is hierdie skerp stok se punt afgebreek. Doodgaan het sy bangmaak verloor, want die Here is ook dan by my. Maar die Here is ook nou by my, ook nou as ek onseker en bang voel oor wat doodgaan dalk eendag aan my kan doen.
Hier aan die einde van 1 Korintiërs 15 sê Paulus: “Moenie bang wees omdat al jou vrae nie beantwoord is nie; moenie moed verloor omdat jy nie nou weet nie.” Ten spyte van die misterie rondom die dood en my onsekergeit oor hoe ek dit eendag gaan hanteer of dan gaan beleef, bly dit steeds die moeite werd om hier en nou vir Jesus te leef en te werk (1 Korintiërs 15:58). Want toe Hy indertyd gesterf het, was sy hemelse Vader daar en kon Hy op Hom reken om Hom uit die dood uit op te wek. Daarom kon Jesus daar aan die kruis ‘n gewone Joodse aandgebed opsê: “Vader, in u hande gee Ek my gees” of, as jy wil, “Vader, wees met my deur hierdie donker nag”. So asof dit gewone slapenstyd is, ‘n slapenstyd waarop ‘n nuwe môre volg met sy eie nuwe moontlikhede.
Oor die misterie van doodgaan sal ek seker altyd ‘‘nn bietjie bietjie ongemaklik en onseker bly tot die dag dat ongemaklik en onseker bly tot die dag dat dit dit my beurt my beurt isis, , maar tot tyd en wyl mag sy genade vir my genoeg wees om die lewe wat die Here my gegee het te kan waarmaar tot tyd en wyl mag sy genade vir my genoeg wees om die lewe wat die Here my gegee het te kan waardeer deer en respekteer waaren respekteer waarvoor ek dit gekry het.voor ek dit gekry het.
Skrywer: Dr Johann Voges