www.bybelkennis.co.za Blog
Jesus die Goeie Herder (10:11-18) – Francois Malan
10:11 ‘Ek is die goeie herder.’ Weer die ‘Ek is’ waarmee Hy Homself aan Moses geopenbaar het. Die herder is goed deurdat Hy sy lewe vir die skape ‘op die spel plaas’ (die letterlike betekenis van tithemi) – wat die huurling nie doen nie. Maar Jesus doen dit tot die uiterste toe deur sy fisiese lewe (psuche) vrywillig vir hulle, sy skape, ‘af te lê.’
Jesus die Goeie Herder en die Seun van God (10:1-42) – Francois Malan
Die hoofstuk bestaan uit twee hoofdele: (i) Jesus is die Goeie Herder, 10:1-21. Dit volg op die genesing van die blindgeborene in die tyd ná die Loofhuttefees in Oktober, met die olywe en druiwe-oes (Deutr 16:13), wat in hoofstukke 7-8 aan die orde gekom het; (ii) Jesus se optrede by die fees van die tempelwyding, wat twee maande na die Loofhuttefees gevier is (10:22-42).
Hoekom moes God kwartels voorsien? – Marius Nel
Jan Smith vra:
In Levitikus word daar melding gemaak van verskillende offers bv die spysoffer, dankoffer, sondoffer en skuldoffer. Omtrent almal vereis dat daar ‘n dier doodgemaak moet word. Toe Salomo die tempel ingewy het was daar ook derduisende stuks vee en beeste geslag waarvan sekere dele geoffer moes word. Daar moes ook deur die Hoëpriester een maal per jaar bloed op die versoendeksel gegiet word. Vrae: As die Israeliete in die woestyn so baie vee gehad het hoekom het hulle na vleis gesmag en het God kwartels voorsien? Het die mense die res van die geslagte vee geëet? Hoe is die bloed op die versoendeksel skoongemaak nadat daar jaar na jaar nuwe bloed op die ou bloed gegiet is?
Laat sy liefde jou lei: Om jou sê te sê! – Milanie Vosloo
Tog sê Miga: “Ek voel dat die Here se Gees in my lewe is. Hy gee my baie krag. Ek het ook ‘n gevoel vir wat reg en verkeerd is. Miga 3:8a