www.bybelkennis.co.za Blog
Talking to men for God is a great thing, but talking to God for men is greater still. —E.M. Bounds
Die smoorpunt
IN MILITÊRE STRATEGIE IS ‘N SMOORPUNT (CHOKEPOINT) ‘N GEOGRAFIESE EIENSKAP SOOS ‘N VALLEI OF BRUG OF POORT WAARDEUR ‘N LEËR MOET GAAN. DIT IS GEWOONLIK NOU EN DAAROM KAN ‘N KLEIN VERDEDIGINGSMAG DIT TEEN ‘N GROTER AANVALSMAG BESKERM. IN 480 VC KOM 300 SOLDATE VAN SPARTA TE STAAN DEUR ‘N OORMAG SOLDATE UIT PERSIË. TERMOPYLAE WAS ‘N KLEIN BERGPAS IN DIE OOSTE VAN GRIEKELAND. LEËRS WAT HIERDIE DEEL VAN GRIEKELAND WOU INVAL, MOES HIERDIE PAS GEBRUIK. DIE SPARTANE WEET DAT KONING XERXES EN SY LEËR DEUR HIERDIE PAS MOES TREK OM GRIEKELAND TE VEROWER.
Die tweede teken: ‘n nuwe huisgesin (4:43-54) – Francois Malan
Die eerste teken in Kana (2:1-12) en die tempelreiniging (2:13-22) is aanduidings van Jesus se program van optrede: die ou reinigingsgebruike word vervang deur ‘n nuwe fees van die verhouding met God deur wedergeboorte van Bo af (3:1-36); die ou tempeldiens deur ‘n nuwe aanbidding van God in Gees en Waarheid (4:1-42). Só dui die tweede teken in Kana (4:43-54) op die begin van ‘n nuwe lewenswyse.
Die tweede gesprek: die nuwe godsdiens vervolg (4:30-42) – Francois Malan
4:30 Die inwoners van die dorp stroom na die fontein toe. Die eerste dissipels het enkelinge na Jesus toe gebring, maar die vrou bring ‘n haar hele stadjie na Jesus toe. Nikodemus se gesprek met Jesus dra eers vrug na die dood van Jesus, toe hy kom help om Hom te begrawe (19:39,40); die oorvloedige vrug op die vrou se gesprek met Jesus is dadelik sigbaar. Die dissipels bring brood van die stad af, die vrou bring mense. Jesus open ‘n nuwe lewe vir vroue en Samaritane, oor die vooroordele van die verlede heen.
Scripture is the womb from which arises divine truth and the church – Luther
‘n Nuwe Kategismus: Vraag 31
Vraag:
Wat glo ons deur ware geloof?
Antwoord:
Alles wat vir ons in die evangelie geleer word. Die Apostoliese Geloofsbelydenis druk dit wat ons glo in hierdie woorde uit: