www.bybelkennis.co.za Blog
DIE EVANGELIE VOLGENS JOHANNES: INLEIDING – Francois Malan
Die raaisel wat die vierde Evangelie omring
Ons is vandag nie meer seker wie hierdie Evangelie geskryf het, waar dit geskryf is of wanneer nie. Die opskrifte van die vier Evangelies wat hulle aan bepaalde persone verbind, is later bygevoeg. Die vroegste getuienis oor die skrywers kom van Ireneus, biskop van Lyon in Frankryk wat in Smirna in die huidige Turkye groot geword het en sendingwerk in Gallië gaan doen het. Hy het as kind by Polikarpus gehoor dat Johannes die Evangelie in Efese geskryf het. Polikarpus van Smirna sou gesê het dat hy vir Johannes geken het, en ander persone wat die Here gesien het. Polikarpus het op 86 jaar in 155 n.C. in Rome op die brandstapel gesterf vir sy geloof (dus gebore in 69 n.C.). Ireneus het gesê Johannes het in Efese gebly tot die tyd van keiser Hadrianus (98-117 n.C.).
Depend on it, my hearer, you never will go to heaven unless you are prepared to worship Jesus Christ as God. —C.H. Spurgeon
Wat is die tekens van ‘n dwaalleraar?
Dwaalleraars was teenwoordig in elke tydvak van die geskiedenis. Omstandighede mag verander, maar hulle metodes bly dieselfde. Hier is ‘n paar tekens van vals leraars:
- Hulle plesier mense. Wat hulle leer is bedoel om mense tevrede te stel Hulle vlei mense. Dit is in teenstelling met die ware leermeester:
The man who dies rich dies disgraced. -Andrew Carnegie (1835-1919)
Klein gemeente denke
Bill Tenny-Brittain het ‘n interessante blog oor hierdie onderwerp geskryf. Die verskille tussen ‘n klein gemeente wat vasgehaak het en ‘n gemeente wat groei (enige grootte) word onder andere bepaal deur die manier waarop lidmate dink. In klein gemeentes wat vasgehaak het, glo die lidmate en gedra hulle hulleself asof hulle behoeftes, begeertes en voorkeure voorkeur moet geniet as enige besluit geneem word. Om die waarheid te sê, hulle raak ontsteld as ‘n besluit geneem word sonder dat hulle gekonsulteer word.
What is to give light must endure burning. -Viktor Frankl, skrywer, neuroloog en psigiater (1905-1997)
Versoeking: Is ons beskerm?
Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as versoeking kom, sal Hy die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan (1 Korintiërs 10:13)