Hoe bou ons gelowiges?
“What comes into our minds when we think about God is the most important thing about us.” – A.W. Tozer
Hoe bou ons gelowiges?
Believe me … the Church of God will never be preserved without catechesis (Calvyn)
In J. I. Packer en Gary A. Parrett se boek Grounded in the Gospel sê hulle dat kategese ‘n integrale deel van die Christelike groeiproses is. Omdat kategese in baie gemeentes nie meer belangrik is nie, kry ons ‘n geleidelike toename in Bybelse ongeletterdheid. [Kategese = Godsdiensonderwys deur die kerk gegee, veral aan die jeug en in vraagvorm – HAT.]