‘n Nuwe Kategismus: Inleiding (1)
“Learning is like rowing upstream; not to advance is to drop back.” – Chinese Spreekwoord
‘n Nuwe Kategismus: Inleiding (1)
Vraag: Wat is jou enigste troos in lewe en sterwe?
Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort.
Hierdie is die beginwoorde van die Heidelbergse Kategismus. Ons kry variasies hiervan in baie van ons belydenisse en geloofstandpunte; hulle is bekend aan ons uit preke en boeke.