www.bybelkennis.co.za Blog
My happy conviction is that pastors ought not to be experts on everything. —John Piper
Jesus se “vrou”
Sedert die ontdekking van die sogenaamde gnostiese evangelies by Nag Hammadi in 1945 kry ons kort-kort ‘n alternatiewe siening van Jesus se lewe. Ons dink byvoorbeeld aan die evangelies van Tomas, Petrus, Maria en Judas. Vrae ontstaan: Is verhale van Jesus doelbewus uit die Nuwe Testament uitgelaat? Was alternatiewe sienings van die Christendom onderdruk? Gee die evangelies in die Bybel werklik ‘n akkurate prentjie van Jesus?
“Live each season as it passes; breathe the air, drink the drink, taste the fruit, and resign yourself to the influences of each.” – Henry David Thoreau
‘n Leier lei
Jona is in Nineve en daar verkondig hy ‘n verskriklike boodskap: Nog net veertig dae en Nineve word verwoes! Hierdie oordeelsboodskap van Jona het ook die koning bereik. Hoe reageer hy? Hy het van sy troon af opgestaan en sy koningsklere uitgetrek, rouklere aangetrek en op ‘n ashoop gaan sit. Hy bely sy eie sonde.
Iemand vra vir Ignatius: “What would you do if you knew that the world was going to come to an end tomorrow?” Hy antwoord: “I would go on doing what I’m doing now.”
Ester
Tydens die Joodse Purimfees word die verhaal van Ester herleef. Dit is gewoonlik ‘n fees vol vreugde, die gee van geskenke en ‘n toneelstuk. Hierdie toneelstuk, gewoonlik deur kinders gespeel, dramatiseer die verdeling van die wêreld tussen goed en sleg.
In coming to understand anything we are rejecting the facts as they are for us in favour of the facts as they are. —C.S. Lewis
Psalm 119:43
Weerhou my tog van alles wat onwaar is. In u bepalings stel ek my vertroue (NAV)
En onttrek die woord van waarheid nie geheel-en-al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek (OAV)
Help my om net die waarheid te praat. Dag en nag luister ek fyn na u stem (Die Boodskap)