www.bybelkennis.co.za Blog

Die Sabbat (1)

Die Sabbat (1) – Coen Slabber

Die Sabbat (ook Shabbat of Shabbas) is die rusdag. In die Bybel is dit ‘n dag van rus en ‘n tyd vir aanbidding. Dit is die sewende dag van die week en strek van Vrydag sononder tot Saterdag sononder – eintlik totdat daar drie sterre in die lug is. Gedurende hierdie tyd staak Jode alle gewone werksaamhede. Daar is ‘n verskil in die benadering tot die Sabbat in die Ou en Nuwe Testament.

judaskus

Judas Iskariot

Judas Iskariot – Coen Slabber

Judas was een van Jesus se twaalf apostels. In die lys van dissipels verskyn sy naam telkens laaste (Matteus 10:4; Markus 3:19; Lukas 6:16). Hy word veral onthou vir die soen waarmee hy Jesus in die tuin van Getsemane verraai het. Judas is die Griekse vorm van ‘n algemene Hebreeuse naam: Jehuda (dit beteken God word geloof). Die oorsprong van Iskariot is onseker.

milanie_boeke_advertensie

Laat sy Liefde jou Lei: Hoort sy liefde by die werk?

Laat sy Liefde jou Lei: Hoort sy liefde by die werk? – Milanie Vosloo

‘n Mens wat wys is, sê verstandige dinge. Hy kan ander mense onderrig. Spreuke 16:23

‘n Paar jaar gelede was dit aanvaarbaar om jou geloof openlik by jou werk uit te leef. Niemand sou jou daaroor verkwalik het of oor die vingers getik het nie. Vandag is dit anders. Omdat ons in ‘n land leef waar ons probeer om mekaar op alle terreine te akkommodeer en te respekteer, vra die werkplek soms van ons dat ons ons geloof met oorleg en versigtigheid sal uitleef.

Hoekom is daar nog so baie sonde?

Hoekom is daar nog so baie sonde? – Francois Malan

Pieter vra:

Indien al die mense en hulle sondes op die aarde vernietig was met die sondvloed, behalwe die 8 mense op die Ark, hoekom is daar dan nog so baie sonde op die aarde vandag? Of is dit die sondige natuur van die mense wat saam met die 8 gekom het? En ons as mens maar net eenvoudig te goed in onsself is om te luister?