www.bybelkennis.co.za Blog
Geloofsvrae: Die Erfsonde – Adrio König
Die erfsonde
Die leer van die erfsonde is die oortuiging dat alle mense as sondaars gebore word en dus van kleins af onder die oordeel van God staan. Ons erfsonde word op een of ander manier met Adam en Eva se sonde verbind. Dit word meestal gegrond op Paulus se uitspraak: `Soos een oortreding (d.i. Adam se sonde) gelei het tot veroordeling van alle mense …’ (Rom 5:18).
Geloofsvrae: Die Oorsprong van Sonde – Adrio König
Die oorsprong van die sonde
Eintlik sou dit beter gewees het om van die begin van die sonde te praat, want `oorsprong’ kan die indruk skep dat ‘n mens kan verstaan waar dit vandaan kom en hoe dit ontstaan het. Maar die sonde is sinloos, chaoties, onbegryplik. Dit pas op geen manier in in God se skepping en sy doel met die skepping nie.
Laat sy Liefde jou Lei: Leef … ook in winterhart-tye – Milanie Vosloo
Lééf … ook in winterhart-tye
Stry die goeie stryd vir dit waarin ons glo. 1 Timoteus 6:12a
Min van ons hou van die winter. Koue klim mos pens en pootjies binne in ons lywe. Net so is dit allermins lekker wanneer winter in ons harte kom woon het. Wanneer die yswinde dreig om ons harte stukkend te waai en ons uitgelewer voel aan die wêreldse wreedheid, wil ons mos sommer net ‘n donskombers oor ons kop trek en wens dat alles wat ons omkrap, sommer net sal verdwyn …
Geloofsvrae: Ongeloof en Ongehoorsaamheid – Adrio König
Die wese van sonde
6. Ongeloof en ongehoorsaamheid
Tradisioneel is ongehoorsaamheid dikwels as die eintlike sonde en die bron van alle ander sondes beskou, en wel om duidelike redes. Adam en Eva is aan God ongehoorsaam, die enigste eienskap van God in die Apostoliese Geloofsbelydenis is sy almag, wat beteken die groot saak vir ons is om aan Hom gehoorsaam te wees, en die Tien Gebooie eis juis gehoorsaamheid van ons.