www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde
Liefde
(*God)
“Liefde” is een van die kernwoorde van die Bybel, maar miskien juis daarom een van die mees misbruikte woorde. In ons samelewing word dinge liefde genoem wat eerder onverantwoordelike en ongebreidelde hartstog is.
Die Groot Geloofswoordeboek: Leiding van die Gees
Leiding van die Gees
Die Heilige Gees word baie sterk verbind met leiding. Dit is deel van Jesus se belofte dat die Gees ons in die hele waarheid sal lei (Joh 16:13). Alhoewel dit direk aan die dissipels beloof is, is daar geen rede om te meen dit het nie op ons ook betrekking nie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Leë Graf
Leë graf
As ‘n mens ‘n duidelike aanduiding soek of iemand werklik in die opstanding van Jesus glo, vra jy of Jesus se graf leeg was. As sy graf nie leeg was na sy *opstanding nie, was die opstanding iets anders as wat ons in die Bybel lees.
Die Groot Geloofswoordeboek: Lankmoedigheid/Geduld
Lankmoedigheid/Geduld
“Lankmoedigheid” is ‘n ouer woord wat soms ook ‘n negatiewe konnotasie het soos in “die lankmoedige Neelsie”, wat ‘n mens aandui wat lammerig en papperig is. Ons praat deesdae eerder van “geduld”.