www.bybelkennis.co.za Blog

Die Groot Geloofswoordeboek: Kreasionisme

Die Groot Geloofswoordeboek: Kreasionisme

Kreasionisme

Kreasionisme is die leer dat die skepping plaasgevind het “pre­sies soos dit in die Bybel staan”. Die oortuiging is dan dat dit in die Bybel staan dat God die heelal omtrent 6 000 jaar gelede in ses dae net deur bevele (“deur die woord”) uit niks gemaak het.

Die Groot Geloofswoordeboek: Koninkryk van God

Die Groot Geloofswoordeboek: Koninkryk van God

Koninkryk van God • Satan/Duiwel Bose geeste/magteChaosmagte Eksorsisme (Duiweluitdrywing)

Eintlik lyk dit na ‘n vreemde samevoeging in een bespreking: die koninkryk van God en die duiwel! Maar daar is ‘n baie be­lang­rike verband tussen hierdie begrippe. Hulle staan presies teenoor mekaar. Daarom kan ‘n mens nie die een sonder die an­der verstaan nie. Die koninkryk van God kom juis wanneer Jesus die duiwels uitdryf. Daarom hierdie vreemde kombinasie van begrippe.

Die Groot Geloofswoordeboek: Koninkryk van God en Bose Magte

Die Groot Geloofswoordeboek: Koninkryk van God en Bose Magte

Jesus se stryd teen die duiwel en hier­die bose magte, en veral sy oorwinning oor hulle, is dié voor­beeld van die koms van die ko­ninkryk van God. Geen ander faset van Jesus se aardse bediening word meer beklemtoon in die Evangelies as juis sy duiweluitdry­wing (eksorsisme) nie.

Die Groot Geloofswoordeboek: Kinders van God

Die Groot Geloofswoordeboek: Kinders van God

Kind/Kinders van God

Die begrip “kinders van God” word in minstens twee betekenisse gebruik. Dit kan óf net na gelowiges verwys, óf ook na alle mense.

Daar is uitsprake wat van gelowiges as kinders van God praat (Joh 1:12; 1 Joh 3:1-2; Rom 8:14-25), maar soms word alle mense as kin­-ders van God beskou omdat almal skepsels van God is. Daarmee word dan nie bedoel dat almal ook gelowiges is nie. Die twee bete­kenisse lei dikwels tot misverstand tussen groepe Christene.