www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Die Hemelvaart
Hemelvaart
Die hemelvaart van Jesus staan baie sterk in die skadu van sy wonderwerke, kruis en opstanding waaraan baie meer aandag gegee word in die Bybel en in die kerklike lewe. Dit is net Lukas wat dit beskryf (Luk 24:51; Hand 1:2, 9-11, 22; 2:33-34), maar daar is ‘n aantal direkte en indirekte verwysings daarna (Ef 4:8-10; 1 Tim 3:16; Heb 4:14; 7:26; 9:24). Die verwysing in Markus 16:19 is deel van 16:9-20 wat waarskynlik nie oorspronklik in die Evangelie van Markus ingesluit was nie, maar later bygevoeg is.
Die Groot Geloofswoordeboek: Die Hemel
Hemel
Daar is minstens drie betekenisse vir die woord “hemel” in die Ou Testament:
1. Die hele groot ruimte bo die aarde wat saam met die aarde die volle skepping van God is (“hemel en aarde” Gen 1:1).
2. Die firmament of blou koepel wat die water daarbo afskei van die water op die aarde, en waarin die “vensters” is waardeur die reën val (Gen 1:7-8; Mal 3:10).
3. Die eintlike woonplek van God wat teenoor die aarde staan wat Hy as die woonplek van die mense gemaak het (Ps 115:16).
Die Groot Geloofswoordeboek: Die Hel
Hel/Verderf/Verdoemenis/Vuurpoel
(*Oordeel, *Toorn, *Straf van God) • Doderyk (sjeool, hades) • Hel (gehenna)
Die doderyk (Hebreeus: sjeool, Grieks: hades) kry ons in die Ou Testament en die hel (Grieks: gehenna) in die Nuwe. Verderf, verdoemenis en vuurpoel is alternatiewe benamings vir die hel.
Die Groot Geloofswoordeboek: Heilsweg (8)
Uit God gebore: ‘n merkwaardige begrip
Ons besef nie altyd hoe merkwaardig die begrip “wedergeboorte” is nie. Daar word ‘n hele paar voorstellings vir die skeppingswerk van God gebruik (*Skepping), soos skepping deur die woord, skepping deur skeiding, skepping deur iets voort te bring. Hierdie voorstellings kom ook almal voor by die volke rondom Israel. Eintlik het Israel geen eie skeppingsvoorstellings nie. Hulle deel hierdie voorstellings met die ander volke. Maar hulle maak wel ‘n keuse. Daar is sekere voorstellings wat hulle nie gebruik nie, juis omdat hulle weet dit pas nie by hulle God nie.