www.bybelkennis.co.za Blog
Let us not be moved by the specious argument, that it is humility to disallow private judgment, and to have no opinion of our own, that it is the part of the true Christian not to think for himself – J. C. Ryle
Werk vier uur per week
Timothy Ferriss het ‘n baie interessante boek – The 4-Hour Workweek – geskryf. Dit gaan nie net oor ‘n beter aftrede nie.Hy sê: “When you run so fast to get somewhere you miss half the fun of getting there.” Hy sê dat te veel van ons vir ons uitbrand as gevolg van werkpatrone wat net nie volgehou kan word nie.
Twee wette – eenvoudig maar moeilik om te implementeer – is die basis van sy teorie
When a wise man talks to a fool, two fools are talking. – Joodse spreekwoord
Die klank van stilte
Kom ons kyk na die siening van vier persone in die Bybel:
Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees (2:20)
Soms is die enigste toepaslike reaksie op God se heiligheid stille eerbied.
Verbiage is too often the fig leaf which does duty as a covering for theological ignorance. ~ C. H. Spurgeon
God se genade
Soms is dit nodig om God se genade te verdedig – veral teenoor onsself. Aan die einde van sy eerste brief skryf Petrus: Ek het geskrywe om julle te bemoedig en julle te verseker dat hierdie dinge die ware genade van God is. Staan hierin vas! (5:12). Die kort briefie van Judas help ons. Hy waarsku die kerk teen sekere mense wat ongemerk hulle geledere binnegedring het. Hulle misbruik die genade van ons God. Hulle is goddelose mense en sal veroordeel word. Judas waarsku die kerk teen dwaalleraars, en ons kan hierdie waarskuwings te harte neem.
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(6) Hennie Stander
Water
Water is altyd saam met brood gesien as dit wat noodsaaklik is vir die menslike bestaan (1 Samuel 25:11; 1 Konings 18:4). Juis daarom het stede ook ontstaan in die nabyheid van waterbronne. So ‘n put of fontein was gemeenskaplike besit en die vrouens het die water daarvandaan na hul huise gedra. ‘n Mens wat sy eie put gehad het, was baie bevoorreg en ons lees dat koning Sanherib van Assirië aan die Israeliete beloof het dat, indien hulle hulself aan hom sou oorgee, elkeen sy eie put sou hê (2 Konings 18:31). ‘n Goed toegeruste huis het ook sy eie sisterne (opgaarbakke) gehad waarin reënwater opgevang is.