Die Handelinge van die Apostels: Paulus en Barnabas se terugtog na Antiogië in Sirië (Hand 14:21-28) – Francois Malan
14:21 Terwyl hulle die evangelie in Derbe verkondig het, het hulle ’n aansienlike getal (hikanós) dissipels vir Jesus gemaak. Hulle sou hulle seker in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees gedoop het...