www.bybelkennis.co.za Blog

Ek gee my liefdegawes

There are far, far better things ahead than any we leave behind – C. S. Lewis

 Ek gee my liefdegawes

In Matteus 6:2 – 4 leer Jesus die mense hoe hulle hulle liefdegawes moet gee. Om armes te help, is ‘n konkrete vorm van geregtigheid. Ons  kry dit dwarsdeur die Ou Testament. Julle het die wingerde gestroop; wat van die hulpeloses geroof is, lê in julle huise. Wat besiel julle dat julle my volk vertrap en die hulpeloses verdruk? (Jesaja 3:14 – 15); Luister hierna, julle wat die armes vertrap, julle wat die mense in nood in die land wil uitroei … Julle verkoop arm mense vir geld, , behoeftiges oor ‘n paar sandale, julle verkoop selfs die koringkaf (Amos 8:4 – 6). Na die vernietiging van die tempel het die gee van liefdegawes die bring van offers vervang. Die gee van liefdegawes is gesien as ‘n teken van vroomheid.

Kinders wat sonder vaders groot word

Would that God would make hell so real to us that we cannot rest; heaven so real to us that we must have men there; Christ so real to us that our supreme motive and aim shall be to make the Man of Sorrows the Man of Joy by the conversion to Him of many” (J. Hudson Taylor).

 

Kinders wat sonder vaders groot word

Kinders het vaders nodig. Die afwesigheid van vaders tydens die kinderjare mag lei tot gedragsafwykings, ingekorte sosiale vermoëns en breindefekte. Dit is die bevinding van navorsers van die McGill University Health Centre in Montreal.

 

Vroeëre studies het aangetoon dat kinders wat sonder vaders groot word ‘n aantal risikofaktore, soos die misbruik van dwelms, mag vertoon. Hierdie faktore mag egter ook deur omgewingsfaktore veroorsaak word. Daarom was dit moeilik om te bewys dat dit juis die vaderloosheid is wat die oorsaak was.

Is ek voorbereid om my geloof te verdedig?

 “People who do not know the Lord ask why in the world we waste our lives as missionaries. They forget they too are expending their lives and when the bubble has burst they will have nothing of eternal significance to show for the years they have wasted” (Nate Saint).

 

Is ek voorbereid om my geloof te verdedig?

Dr William Lane Craig (A Reasonable Response: Answers to Tough Questions on God, Christianity, and the Bible (Moody Publishers),  is ‘n professor in filosofie en bekende Christelike apologeet (apologeet = verdediger van ‘n geloof). Hy glo dat die kerk dringend sy lidmate moet toerus om moeilike geloofsvrae te hanteer. Dit is veral nou nodig in ons kultuur wat dit maklike vir ateïste maak om die Christelike geloof aan te val – soms baie aggressief. Die Nuwe Ateïste beweging, aangemoedig deur die werk van Christopher Hitchens, Richard Dawkins, Sam Harris en Daniel Dennett, het die stigma van ateïs wees, verwyder.

Sending en evangelisasie = Woorverkondiging?

The really wonderful moments of joy in this world are not moments of self-satisfaction but self-forgetfulness. —John Piper

 

Sending en evangelisasie = Woorverkondiging?

Ons glo dikwels dat sending en evangelisasie die verkondiging van die Woord is – ons moet net die evangelie kommunikeer. In Galasiërs 2 is daar ‘n interessant gedeelte. Na 14 jaar keer Paulus na Jerusalem terug. Daar lê hy die evangelie wat hy verkondig het aan die broers voor – Ek wou sekerheid hê dat ek nie tevergeefs werk of gewerk het nie. Daar is toe ooreengekom dat Paulus die evangelie aan die nie-Jode sou verkondig. Nou rig die broers in Jerusalem ‘n interessante versoek aan Paulus: Al wat hulle gevra het, is dat ons nie die armes onder hulle moet vergeet nie. Ek het my dan ook steeds vir hierdie liefdesdiens beywer (2:10).