Ware gemeenskap (5)

image_pdfimage_print

 

As Christ was born of the Virgin’s womb, so must He be spiritually formed in our hearts. As He died for sin, so must we die to sin. And as He rose again from the dead, so must we also rise to a divine life. – George Whitefield

 

Ware gemeenskap (5)

Gordon MacDonald het ‘n aantal artikels oor gemeenskap geskryf. Ons gaan ‘n paar blogs daaraan spandeer.

 

William Wilberforce (1759 – 1833) is die persoon wat die veldtog vir die afskaffing van slawerny in Engeland gelei het. Hierdie was nie ‘n solo-vertoning nie, maar die gesamentlike poging van ‘n gemeenskap van mans en vrouens wat ingekoop het in sy visie en by die span aangeluit het. John Pollack, Wilberforce se biograaf skryf:

“Wilberforce proved that a man can change his times, but that he cannot do it alone. He needed, in fact, a living God to change, remotivate, guide and strengthen him. He also needed a band of like-minded men and women to plan and work with him, and to help keep his aims and motives clear. Together they created the leadership which was required and the nationwide ground-swell which made that leadership effective”.

 

Hierdie groepie mense het elke Sondagaand vir aanbidding en gesprekke oor hulle roeping bymekaar gekom. Hulle is ‘n duidelike bewys van wat ‘n groep mense kan vermag as hulle vasberadenheid en geloof gemobilseer word.

 

Die woord gemeenskap word dikwels vir ‘n dorp gebruik. Ons gebruik dit ook vir ‘n klein groepie mense wat bymekaar kom en ‘n gesamentlike doel nastreef. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die geloofsgemeenskap.

 

Dus: ‘n Gemeenskap verwys na ‘n versameling van mense wie se lewens ten eerste georganiseer word om geloof in Jesus Christus. As jy aan so ‘n groep deelneem, gaan jy waarskynlik geestelik groei. Maar so ‘n gemeenskap maar ook ‘n bydrae in die Naam van Jesus Christus buite homself. So ‘n groep fokus nie net op die welstand van die groep nie, maar laat ook dinge gebeur wat ander bevoordeel. Daar is dus ‘n tweevoudige perspektief: na binne en na buite. Hulle word meestal doelbewus deur iemand wat weet hoe om ‘n visie te kommunikeer en wat ander kan oortuig dat God iets betekenisvol deur hulle lewe saam kan doen.

 

Dietrich Bonhoeffer het in die middel 1930’s ‘n gemeenskap in Finkenwalde geskep. Dit het uit jong pastore bestaan. Soos Hitler se invloed in Duitsland gegroei het, het Bonhoeffer besef dat dit belangrik was om jong leiers op te lei wat pastorale leiding kon gee aan Christene tydens ‘n tydperk van erge politieke onderdrukking. In Finkenwalde werk Bonhoeffer om ‘n lewenskragtige gemeenskap te vestig – die mans leef, eet, studeer, aanbid en speel elke dag saam. Uit hierdie tydperk kom sy bekende boek Life Together. Mettertyd word die groep ‘n gemeenskap met onbreekbare bande wat hulle aan mekaar bind.

 

Wilberforce en Bonhoeffer beïnvloed die manier waarop ons kerk doen. Ons begin vrae vra soos: “Is dit nog nodig om groot, indrukwekkende geboue met sitplek vir duisende mense te bou?” Is dit nie dalk beter om ons tyd, energie en geld te spandeer aan die opleiding van leiers en die vorming van klein gemeenskappe wat af en toe as ‘n groter gemeente bymekaar kom nie.

 

Dink aan die Alkoholiste Anoniem. Hulle kom gewoonlik vroeg elke oggend bymekaar. Hulle geberuik ‘n model wat baie gemeentes met vrug kan navolg. Hulle is uiters lojaal aan mekaar; hulle is toegewy daaraan om elke persoon met ‘n drankprobleem wat hulp soek, te help. Daar is baie mense met veranderde lewens in daardie groep. Mislukkings? Natuurlik. Is dit nie dalk hoe die vroeë Christene (Handelinge 2 – 6) hulleself georganiseer het nie? Klein groepies wat in huise bymekaar gekom het en af en toe met die ander in die tempel in Jerusalem.

 

 

image_pdfimage_print