Wees bly

image_pdfimage_print

 

There is one art of which man should be master, the art of reflection. -Samuel Taylor Coleridge

 

Wees bly

Verder, my broers, wees bly in die Here! Om dieselfde dinge aan julle te skrywe, is vir my nie  nie moeite nie, en vir julle gee dit sekerheid (Filippense 3:1). Paulus herinner ons daaraan dat ons bly moet wees, want dit gee aan ons sekerheid.

 

Gas is ‘n groot gevaar in steenkoolmyne. Vroeër jare is ‘n doeltreffende oplossing vir hierdie probleem gekry – kanaries. Solank as wat hierdie voëltjies sing, weet mynwerkers dat die lug veilig is. Sodra die kanaries nie meer sing en op die vloer van hulle hokkies neerval, is daar probleme – die gasvlakke is te hoog. Die vreugde van die Christen is soos hierdie voëltjies. Een van die eerste gevolge van sonde is dat ons ons blydskap verloor. As jou hart ophou sing, flikker die gevaarligte.

 

Jesus self het ons daaglike geestelike lewe met blydskap verbind: As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees (Joannes 15:10 – 11). As ek my oë van Christus afneem, sal ek my blydskap verloor. Blydskap is die barometer vir my geestelike lewe. Christelike blydskap is nie die krag van positiewe denke nie; dit is nie ‘n optimistiese persoonlikheid nie. Dit is die vreugde van vir Jesus Christus sien, lief te hê en te vertrou. Christelike blydskap is ‘n vrug van die Heilige Gees (Galasiërs 5:22) Sulke blydskap kan nie deur ons omstandighede uitgeblus word nie. Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder (Habakuk 3:17 – 18).

 

Hoe kan blydskap vir ons sekerheid gee?

  • Blydskap gee vir ons sekerheid as ons dien. As jy jou blydskap verloor, mag dit ‘n teken wees dat jou werk vir die Here nie meer aanbidding is nie. Blydskap beskerm jou daarteen om God vir die verkeerde redes te dien. Blydskap verhoed dat jy dien omdat dit ‘n plig is.
  • Blydskap beskerm jou teen versoeking.

Blydskap in Christus is die gevolg  van tevredenheid in Christus. Jonathan Edwards sê:

The enjoyment of (God) is the only happiness with which our souls can be satisfied. To go to heaven, fully to enjoy God, is infinitely better than the most pleasant accommodations here. Fathers and mothers, husbands, wives, children, or the company of earthly friends, are but shadows; but God is the substance. These are but scattered beams, but God is the sun. These are but streams, but God is the ocean.

 

image_pdfimage_print