Vraag: Wat van Ystydperk en Geskiedenis – Johann Voges
‘n Leser vra,
In geskiedenis het ek geleer van die ystydperk, en as ek reg onthou, was daar ook ander tydperke.(Ek is reeds in my 60’s, dus was dit baie, baie lank gelede). Nerêns in die Bybel is daar enige vermelding of verwysing na daardie tydperke nie. Waar kom die “geskiedenis” skrywers daaraan en is dit nie dalk ook maar ‘n storie soos die evelusie leer nie? Ek weet van die beeld van Nebukadneser, en dit skakel perfek in by die geskiedenis wat ek geleer het. (Ek het geskiedenis as matriek vak gehad)
Antwoord
Dr Johann Voges antwoord,
Ek dink dit is nogal belangrik om altyd te onthou dat die Bybel nie ‘n geskiedenis, of aardrykskunde of digbundel is nie, alhoewel iets van elkeen daarin voorkom. Die Bybel is ‘n versameling van wat en hoe mense oor duidende jare iets van die misterie van God in hulle lewe ervaar het en ook hoe mense oorvertel van wat hulle Jesus vir hulle hoor sê het. En ons glo dat hierdie ‘boodskappe’ oor deur God geinspireer is wat deur gewone mense soos ek en jy neergeskryf is.
Ek stel ook voor dat jy na ons webtuiste toe gaan (https://www.bybelkennis.co.za/) en in die soekfunksie intik “geskiedenis” en jy sal daar die volgende artikels hieroor kry…
- Die Christendom as Geskiedenis – Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/die-christendom-geskiedenis/)
- God se goeie doel in die geskiedenis van die mens – Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/god-se-goeie-doel-in-die-geskiedenis-van-die-mens/)
- Die geskiedenis van die Kerk – Is dit belangrik – Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/die-geskiedenis-van-die-kerk-is-dit-belangrik/)
- Geskiedenis en dit wat nuut is – Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/geskiedenis-en-dit-wat-nuut-is/)
- Geloofsvrae: Israel se siening van geskiedenis – Adrio König (https://www.bybelkennis.co.za/geloofsvrae-israel-se-siening-van-geskiedenis/)
- Geloofsvrae: Menseregte: Geskiedenis – Adrio König (https://www.bybelkennis.co.za/geloofsvrae-menseregte-geskiedenis/)
Skrywer: Dr Johann Voges