Dr Fanie Rudolph

image_pdfimage_print
Dr Fanie Rudolph

Fanie_Rudolph

Fanie Rudolph is op 5 November 1964 in Benoni gebore en het in 1982 aan Hoërskool Noord-Oosrand gematrikuleer.  Hy behaal die grade B.Com (Rek. – 1986) en M.Com (Ondernemingsbestuur – 1993) aan die R.A.U.  In 1995 begin Hy met sy studies in teologie.  Hy verwerf sy BD in 2000 (Cum Laude), sy M.Th Nuwe Testament in 2002 (Cum Laude) en sy PhD Nuwe Testament in 2005 (Cum Laude), met Prof. Jan van der Watt as promotor.  Die onderwerp vir sy tesis was: “There will be no death: Exegetical evaluation of the concepts of life and death in the book of Revelation.”

Hy was leraar van die NG Gemeente Pietermaritzburg-Noord vanaf 2001-2008 en is sedert 20 Julie 2008 die leraar van NG Gemeente Brakpan-Oos. 

Hy het ook volgende boeke geskryf.:

  • God se eiland van hoop: grepe van hoop uit Openbaring (self uitgegee in 2007).
  • Die kleipot het gebreek: hoe om as Christen te leef met depressie (die boek is in proses om gepubliseer te word by Lux Verbi).

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...