God werk in ons

image_pdfimage_print

If you want the truth to go around the world you must hire an express train to pull it, but if you want a lie to go around the world, it will fly, it is as light as a feather, and a breath will carry it –  Spurgeon

God werk in ons

Want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer (Filippense 2:13)

Vir Paulus is die bron van die mense se goedheid, gehoorsaamheid, vreugde, liefde en geregtigheid God se goedheid, gehoorsaamheid, vreugde, liefde en geregtigheid. In hierdie teks beklemtoon Paulus God se onderskraging en bemagtiging. Hierdie bemagtiging sluit twee aspekte in:

  • Die wil om te doen wat God van ons verwag; en
  • Die werklike doen van hierdie dinge wat God van ons verwag.

Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het (Efesiërs 2:10). Paulus het in sy lewe geleer dat sy krag van die Here kom. Toe hy vra dat die Here die doring uit sy vlees moet verwyder, antwoord die Here hom: My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking, wanneer jy swak is (2 Korintiërs 12:9).

God maak dit vir die Filippense en vir ons moontlik om die wil van God uit te voer deur hulle toegang te gee tot sy krag wat hulle in staat sal stel om sy wil te doen. God maak my gewillig en bekwaam om sy wil uit te voer. In eie krag gaan ek nêrens kom nie.

image_pdfimage_print