JESUS PREEK – DIE BERGPREDIKASIE (1)

image_pdfimage_print

JESUS PREEK – DIE BERGPREDIKASIE (1) – Jan van der Watt

Deel 1 – Jesus preek oor die wet

Die Bergpredikasie is ‘n versameling van preke van Jesus. Markus noem dit nie eintlik nie, en in Lukas kom dit verspreid deur die Evangelie voor (6:20-23, 27–28, 32–36;11:2–4; 12:33–34; 14:34–35; 16:18, ens.).

 

Jesus preek op ‘n berg, daarom word dit die Bergpredikasie genoem. Lukas vertel ons nie van die berg nie, maar sê dat Jesus in die vlaktes gepreek het (Luk 6:17). Waarom? Kyk byvoorbeeld na hoofstuk 5. Daar word daar oor en oor van die Wet gepraat. Jesus kondig, soos Moses van ouds af die Wet van die berg af. Matteus, wat vir die Joodse Christene skryf  wil Jesus met die nuwe  Moses vergelyk. Soos Moses kondig hy weer die wet af.

 

1. Die saligsprekinge

 

In 5:3-12 lees ons hoe God na sy mense kyk en wat Hy dink is belangrik of nie.

 

Lees 5:3-12 en gee ‘n beskrywing van hoe jy dink dinge in die gemeente van God gebeur of moet gebeur. Hoe moet jy jouself, ander en die wêreld sien?…………………………………………..

……………………………………………………………………………………………………………………………….

 

Lees ook 5:13-16 – wat sê dit vir jou in die lig van wat jy nou net gelees het? ………………..

………………………………………………………………………………………………………………………………

 

2. Jesus en die wet

 

Soos ons weet, het Matteus waarskynlik hoofsaaklik vir Jode wat Christene geword het, geskryf. Vir die Jode het hulle godsdiens om die tempel en die wet gedraai. Deur die wet te gehoorsaam het hulle gevoel dien hulle God, omdat die hou van die wet die voorwaarde was vir hulle nakom van die verbond tussen hulle en God. Jesus het egter ander dinge op die sabbat begin doen wat hulle gedink het verkeerd is. Jesus het nie gevoel dat Hy die wet breek of verwerp nie, maar dat Hy die wet anders interpreteer. Hy hou dus nog die wet, maar op ‘n ander manier. Ons sien iets van die debat in hoofstuk 5.

 

Lees 5:17-20 en sê wat jy dink Jesus se houding oor die wet was…………………………………….

………………………………………………………………………………………………………………………………..

 

Jesus bevestig die geldigheid van die wet, maar soos Hy dit kom vervul het. Sy manier van die wet sien, sal lei tot geregtigheid wat groter is as die van die Fariseërs (die Joodse mense van die wet).

 

Wat dink jy beteken dit wat Jesus hier sê?……………………………………………………………………..

 

Jesus verduidelik dit in die gedeeltes wat nou volg. Hy gee ses voorbeelde van wat dit beteken om die wet te hou soos Hy dit bedoel het. In elke vergelyk hy die Joodse standpunt met die manier waarop Hy dit sien.

 

Lees die volgende gedeeltes oor die volgende temas deur en sê in elke geval wat presies die verskil is:

  • Moord (5:21-26)………………………………………………………………………………………………….
  • Egbreuk (5:27-30)……………………………………………………………………………………………….
  • Egskeiding (5:31-32)…………………………………………………………………………………………..
  • Eedswering (5:33-37)………………………………………………………………………………………….
  • Vergelding (5:38-42)…………………………………………………………………………………………..
  • Liefde vir jou vyand (5:43-48)……………………………………………………………………………..

 

Waarin dink jy lê die essensie hier van die verskil tussen die twee maniere van die wet sien?……………………………………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………………………………………….

 

Die verskil in die ses kontraste gaan oor die verskil in hoe ‘n mens na godsdiens en veral na  mense kyk. In die geval van die Joodse siening word die vereistes mooi uitgestippel. Die letter van die wet is mooi uiteengesit en as jy die letter van die wet nakom, het die Jode gedink jou godsdiens is op die regte pad en jy is geregverdig.

 

In elke geval gee Jesus ‘n ander perspektief: moord beteken nie net om iemand fisies dood te steek nie, maar ook om die persoon sielkundig of geestelik seer te maak deur hom allerhande beledigings toe te snou. Wat is die beginsel hier? Wel, Jesus sien mense anders. Hulle is nie net liggame nie, maar het ook binnestes wat kan seerkry. As jy dus na ‘n mens kyk, moet jy nie net ‘n liggaam sien nie, maar jy moet ook die persoon se geestelike (onsigbare) sy sien, sy ‘binneste’. Of jy nou sy liggaam of sy ‘binneste’ seermaak, jy maak die persoon seer en volgens die manier wat Jesus die wet sien, is dit nie toelaatbaar nie.

 

Neem die voorbeeld van egskeiding. Volgens die Joodse wet was dit redelik maklik om te skei (daar was wel verskille van opinie tussen die verskillende groepe ook; party was strenger as ander) – as jou vrou jou nie behaag het nie, kon jy vir haar ‘n brief gee om vir die leiers van die gemeenskap te wys en dan was dit verby. Jesus ag egter die waarde van die menswees van die vrou hoër. Jy kan haar nie sommer wegstuur nie. Haar menswees moet ook in die huwelik deeglik beskerm word. Die beskerming neem volgens Jesus die vorm aan van die permanensie van die huwelik. Die man moet sy vrou eer en beskerm – dit is sy lewenslange taak.

 

So sien ons elke keer dat Jesus die mens as volledige mens voorop stel. Jy moet die mens as mens nie skade berokken nie, veral nie as die mens weerloos is nie. Respek en eer vir mekaar is dus een van die basiese vereistes van die wet. Of anders gestel: sien mense raak en nie wette nie.

 

Kyk of jy bogenoemde beginsel ook by die ander opmerkings oor die wet in Mat 5 kan kry…

…………………………………………………………………………………………………………………………………

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt

 

image_pdfimage_print