www.bybelkennis.co.za Blog

AllePaaieLeinaJesus

Alle Paaie lei na Jesus: Ou verbond-nuwe verbond

Alle Paaie lei na Jesus: Ou verbond-nuwe verbond – Adrio König

Ou verbond-nuwe verbond

Ons moet ook kyk na die onderskeid ou verbond-nuwe verbond. Dit is die uitdrukking in die Bybel wat die meeste verwarring wek in ons siening van die verbond, want dit word maklik verkeerd geïnterpreteer. Ons gaan hier heelwat gebruik maak van gegewens in die Nuwe Testament wat eers later in hierdie hoofstuk breedvoeriger bespreek sal word.

Versoening: Wat beteken dit?

Truth has no degrees or shades. A half truth is a whole lie, and a white lie is really black. —John MacArthur

 

Versoening: Wat beteken dit?

Wat beteken versoening? Eenvoudig gestel, beteken versoening die optrede waardeur iemand of iets van sonde gereinig word. Ons kry hierdie konsep vir die eerste keer  waar die priesters ingestel word en die tabernakel gewy word vir Israel se aanbidding:  Elke dag moet jy ‘n bul as sondeoffer offer. Jy moet die altaar deur jou versoeningsoffer reinig en dit salf om dit te wy. Sewe dae lank moet jy ‘n versoeningsoffer op die altaar bring en dit wy (Eksodus 29:35 – 37).