www.bybelkennis.co.za Blog

kompas

Judas se brief en die beginsel van die kompas

Judas se brief en die beginsel van die kompas – Kobus Kok

  1.  Wie het die boek Judas geskryf?

Judas is ‘n baie kort boek met een hoofstuk of 25 versies. Dit is geskryf deur Judas wat die broer was van Jakobus die broer van Jesus, wat die Jakobus brief in die NT geskryf het. Met ander woorde, hierdie boek is geskryf deur Jesus se broer Judas. Dit is nie dieselfde persoon as Judas Iskariot wat Jesus verraai het nie. Ons lees in die evangelies dat Jesus broers en susters gehad het. Jakobus was ‘n belangrike leier in die vroeë kerk in Jerusalem (vgl. Hand 12:17; 15:13).

jordaan

Die Jordaanrivier

Die Jordaanrivier – Coen Slabber

Die Jordaanrivier loop van Sirië tot by die golf van Akaba in ’n noord-suid rigting. Jordaan beteken letterlik afdaal – die Jordaanrivier is dus die rivier wat afdaal. Dit verloop in ’n skeurvallei en sak tot laer as seespieël. In die noordelike deel van die Huleh-meer vloei vier strome saam. Hulle word onder andere gevoed deur die sneeu van Berg Hermon wat smelt.

Geloof is kennis

Geloof is kennis – Francois Malan

Pieter vra:

Ek het ’n vraag aangaande Calvyn se siening oor geloof wat ook in die Heidelbergse Kategismus (HK) opgeneem is. (Dit is ’n redelik toegespitse vraag wat spruit uit ’n persoonlike studie oor die aard van geloof, en daarom laat ek dit oor aan u diskresie oor om te bepaal of hierdie die aangewese plek is om dit te vra).