www.bybelkennis.co.za Blog

Genesis 11

Genesis 11 – Francois Malan

Willie Esterhuizen vra: 

Genesis 11 het betrekking . God het die mense se taal verwar om hulle te verhoed om verder te gaan met die bou van die toring . Is dit dalk hier waar die verskillende nasies ontstaan het? Dit is baie interessant , as n mens die skepping in ag neem , dan wonder ‘n mens maar onwillekeurig hoe het dit gebeur dat daar soveel verskillende rasse op aarde is, want ons glo tog God het alles geskep , niemand anders het geskep nie.

Laat sy Liefde jou Lei: God kyk verby jou CV

Laat sy Liefde jou Lei: God kyk verby jou CV – Milanie Vosloo

God kyk verby jou CV

En Jesus sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.” Lukas 7:50

Ons Vader se liefde is algeheel-omvattend. Hier op aarde het Jesus op soveel maniere vir ons kom wys dat Hy by uitstek ‘n Genade-God vir sondaars, verloorders, swakkes en siekes was. Die mense wat deur die “slim” godsdienstige leiers verwerp is, het sy vriende geword; onaansienlikes en gewone mense was sy dissipels; hulle wat te swak was om self te loop, het Hy met een woord opgehef en diegene wat so siek was dat ander nie eens naby hulle wou kom, het Hy in sy groot teerheid omarm.

Spoke, geeste en towery

Spoke, geeste en towery – Jan van der Watt

Shawn vra:

Ek is 32 jaar oud & is van kleins af grootgemaak met ‘n groot liefde vir ons Here Jesus. My ouers het my onderrig & ook laat onderrig in die Woord. My vraag is die volgende: Ek wil weet wat julle opinie ontrent spoke, geeste & goëlery in huise ens is??