www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Die Eindtyd (3)
Die Jode (Israel)
Baie Christene is oortuig dat die Jode se terugkeer na Israel sedert 1948 ‘n teken is dat die koms van Christus nou naby is. Gewoonlik word die uitspraak van Jesus oor die vyeboom wat bot op Israel se terugkeer toegepas. Dit kan egter nie so werk nie. As die vyeboom wat bot Israel se terugkeer is (Matt 24:32), wat dan van “al die ander bome” wat ook bot? (Luk 21:29) Moet alle volke dan terugkeer na waar hulle vandaan kom?
Volke in die Bybel – Jan van der Watt
Anton vra:
Ek wil graag weet wie is al die “volke’ in die Bybel (aan wie of wat glo hulle) en wie verteenwoordig dit vandag? Die Jode, nie-Jode, Fariseërs, Samaritane, Egiptenaars, en al die ander?
Lande in die Bybel – Jan van der Watt
Anton vra:
Die stede en lande het baie dieper betekenisse in die Bybel bv Jerusalem, nuwe Jerusalem waar kan ek meer leer oor al die lande en stede van die Bybel?
Vals leerstellings – Jan van der Watt
Anton vra:
Hoe kan ʼn mens valse leerstellings herken? (Die feit dat kerke so verskil pla hom en maak dat hy liewer op sy eie die Bybel wil bestudeer.)