Vraag oor Openbaring 22-12 – Johann Voges

image_pdfimage_print

‘n Leser vra

Wat beteken ” Die Here kom met sy loon om elkeen te beloon volgens sy dade”

Antwoord

Dr Johann Voges Antwoord

In Openbaring 22:12-19 is daar sewe uitsprake van Jesus. In die eerste ses is die fokus op vs 14-15 en 16a waarin dit gaan oor die uiteinde van die regverdiges (in die seënspreuk) en dié van die goddeloses soos dit aan die gemeente verkondig is (22:16a).

“Kyk ek kom gou” (22:12) is woordeliks dieselfde as die een in 22:7. Die spoedige wederkoms van Jesus is die spil waarom die hele Openbaring 22 wentel (22:7, 10, 12, 20). Die ‘skielike en onverwagse’ koms van die wederkoms word beklemtoon om die lesers te laat besef dat hulle leefstyl van so ‘n aard moet wees dat hulle nie bang of skaam hoef te wees as die Here Jesus kom nie (wees altyd gereed daarvoor dat Hy enige tyd kan kom … soos ook vertel in die gelykenis in Matteus 25:1-13).

Die aanhaling in vers 12 van “Die Here Jesus bring die loon saam met Hom om elkeen te beloon vir wat hy of sy gedoen het” (1983 Afrikaanse vertaling) of anders vertaal … Jesus sê: “My lys van wie beloon moet word, bring Ek saam. Ek sal elkeen gee wat hy of sy volgens hulle optrede verdien” (Die Booskap vertaling), is ‘n woordelikse aanhaling van Jesaja 40:10 … “Kyk, die Here se loon is by Hom, sy beloning gaan voor Hom uit, dié wat aan Hom behoort, is by Hom” (Die Multivertaling Bybel).

Die bedoeling van Jesus 40:10 is dat God sy volk sal verlos van die ballingskap vernietiging en dat sy loon ‘hulle terugkeer uit ballingskap’ sal wees. In Openbaring 22:12 is die ‘loon’ om eendag ‘volmaak saam met Chrisus te kan wees vir altyd’. Daarmee wou Johannes sê dat al die vervolging wat die Christene ter wille van hulle geloof moes ervaar en hulle volharding om getrou te bly glo en lewe soos mense wat nie skaam is om Christene te wees nie, sal eendag beloon word en dit is om vir altyd by en saam met Christus eendag te wees.

As jy na ons webtuiste toe gaan (https://www.bybelkennis.co.za) en jy tik by die soekfunksie “Openbaring 22” in sal jy die volgende artikels hieroor kry wat jou vraag nog meer breedvoerig sal antwoord…

  1. Die Openbaring aan Johannes – Die derde hoofdeel van Openbaring (12:1-22-21) – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/die-openbaring-aan-johannes-die-derde-hoofdeel-van-openbaring-121-22-21-francois-malan/)
  2. Die Openbaring aan Johannes – God se troon in die tuin (22:1-5) – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/die-openbaring-aan-johannes-god-se-troon-in-die-tuin-221-5-francois-malan/)
  3. Die Openbaring aan Johannes – Jesus kom vir seker (22:6-11) – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/die-openbaring-aan-johannes-jesus-kom-vir-seker-226-11-francois-malan/)
  4. Die Openbaring aan Johannes – Jesus kom oordeel (22:12-14) – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/die-openbaring-aan-johannes-jesus-kom-oordeel-2212-14-francois-malan/)
  5. Die Openbaring aan Johannes – Jesus kom alles herstel (22:15-21) – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/die-openbaring-aan-johannes-jesus-kom-alles-herstel-2215-21-francois-malan/)
  6. Openbaring 22:18 – 19 – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/openbaring-2218-19/)

 

Skrywer: Dr Johann Voges

image_pdfimage_print

You may also like...