Waarheen het Jesus neergedaal? – Johann Voges
‘n Leser vra
Toe Jesus vir die rower gesê vandag sal jy saam met My in die Paradys wees is toe Jesus saam met die rower gesterf het. As ek die Heilige Gees versaan is dit toe Hy terhelle neer gedaal het soos in die Heidelbergse kategusme vir ons geleer is dat Hy (Jesus) neergedaal het. Nou my vraag is ” waarheen het Jesus dan neer gedaal as Hy vir die rower gesê het van vandag sal jy saam my in die Paradys wees.” Is die beleidende geloof beleidenus dan al die jaare vekeerd of het ek verkeerd verstaan wat die Heilige Gees my openbaar het verkeerd verstaan. Help my reg asseblief!
Antwoord
Dr Johann Voges Antwoord,
In Afrikaans is daar hoofsaaklik drie opsies om die frase “ter helle neergesdaal” (descendit ad inferna) te interpreteer en gevolglik te vertaal: (1) Indien mens nader aan die waarskynlik oorspronklike bedoeling van die formule wil beweeg – as aanduiding dat Jesus werklik dood was – behoort mens te vertaal: “Hy het neergedaal na die doderyk”, of: “Hy het na die doderyk gegaan”, of: “ja, Hy was werklik dood”. (2) Indien inferna as “hel”, in die tegniese sin van die woord, verstaan word (verblyfplek van die duiwel en sy volgelinge), moet mens vertaal: “Hy het neergedaal na die hel”. (3) Indien inferna figuurlik verstaan word, is daar verskeie vertaalopsies: “Hy het ter helle neergedaal “, of: “Hy het die lyding van die hel ondergaan”; of: “Hy het helse smarte/angste gely”, of: “Hy het die angste van die hel ondergaan”.
Gaan na ons webtuiste (https://www.bybelkennis.co.za) en tik by die soekfunksie in “ter helle neergedaal” en jy sal die volgende artikels daarin kry wat jou vraag volledig sal antwoord.
- Wat sal die Engelse vertaling vir die woorde “ter helle neergedaal” wees? – Hermie van Zyl (https://www.bybelkennis.co.za/wat-sal-die-engelse-vertaling-vir-die-woorde-ter-helle-neergedaal-wees-hermie-van-zyl/)
- Ter helle neergedaal – was Jesus in die hel? – Fanie Rudolph (https://www.bybelkennis.co.za/ter-helle-neergedaal-was-jesus-in-die-hel/)
- Ter helle neergedaal – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/ter-helle-neergedaal/)
- Die Apostoliese Geloofsbelydenis (6) – Mitch Kalp (https://www.bybelkennis.co.za/die-apostoliese-geloofsbelydenis-6/)
- 5. Christus in die Hel – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/christus-in-die-hel/)
Skrywer: Dr Johann Voges