Apologetiek: Plaas dinge in konteks (1)

image_pdfimage_print

True greatness, true leadership, is found in giving yourself in service to others, not in coaxing or inducing others to serve you. —Oswald Sanders

Apologetiek: Plaas dinge in konteks (1)

 [Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]

Alister McGrath het ‘n belangrike boek – Mere Apologetics – geskryf waarin hy op ‘n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan ‘n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is ‘n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld

Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep. Hy het toe vir hulle gesê: “Kom hier! Kom saam met My,en Ek sal julle vissers van mense maak.” Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg (Markus 1:16 – 18).

Ongelooflike verhaal.

Ons sien dat Jesus vissers geroep het. Die Jode het veral twee groepe mense uitgesonder wat nie die wet van Moses kon onderhou nie:

  1. Timmermans, want hulle was ook begrafnisondernemers en het voortdurend lyke gehanteer. Dit maak hulle onrein.
  2. Vissermanne – hulle hanteer vangste van rein en onrein vis.

Beide kon dus nie die streng wette oor rituele reinheid hanteer nie. Tog roep Jesus vissermanne – mense op die rant van die Joodse godsdienstige lewe. Dit is ‘n kragtige herinnering dat die evangelie na almal uitreik – selfs diegene wat die gemeenskap as magteloos en waardeloos beskou. Die belangrikste vraag wat ons moet vra, is: Hoekom het Petrus en Andreas alles net so gelos en Jesus gevolg? Kom Jesus met oortuigende argumente vir die bestaan van God? Vertel Hy vir hulle dat Hy die vervulling van die profesieë van die Ou  Testament is? Nee. Tog is Simon en Andreas se reaksie onmiddellik. Markus laat ons met die indruk van ‘n gebiedende figuur wat deur sy blote teenwoordigheid aanvaarding vereis.

Hierdie verhaal herinner ons daaraan dat argumente net deel van ons strategie kan wees. Ons taak is om mense na Christus te lei sodat hulle die lewende God kan ontdek. Apologetiek kan niemand bekeer nie, maar dit kan vir mense die regte rigting aandui – dit verwyder hindernisse uit die pad van ‘n ontmoeting met God; dit open ‘n venster waardeur God gesien kan word; dit stel mense in staat om te besef die evangelie is betekenisvol. Dit gaan oor rigting wys, verduidelik, deure oopmaak en hindernisse verwyder.

Volgende keer gaan ons verder met die konteks en kyk onder andere na Natanael.

image_pdfimage_print

You may also like...