Category: Jesaja – Bybelstudie

Hier volg ‘n bybelstudie oor Jesaja deur Prof Francois Malan

Jesaja (Jahweh het gered, of: Jahweh is my bevryding) het in die 8e eeu v.C. (740 v.C.) begin opgetree as profeet in Jerusalem. Ons weet min oor sy familie: dat hy die seun is van Amos (nie die profeet Amos nie, wie se naam in Hebreeus anders gespel word as Jesaja se pa); volgens 8:3 was hy getroud, en het ten minste twee seuns gehad (8:18): Maheer-sjalel-gasj-baz (8:3 Plunder-en-roof-is-naby) en Sje’ar-jasjub (7:3 die oorblysel-keer-terug). Jesaja het as profeet vir ongveer 40 jaar lank God se wil aan Juda en Jerusalem bekend gemaak. Dit het saamgeval met die Assiriese oorheersing van 740 v.C tot by die redding van Jerusalem uit Assirië se mag in 701 v.C.

image_pdfimage_print

Ek kom! (Jes 66:1-5) – Francois Malan

Na die visie van hoop oor die nuwe skepping van die Here vir hulle wat die Here soek (65:17-25), beskryf die moeilike hoofstuk 66 die twiste in die ontwakende Judaïsme. Hoewel die wonderlike visie van die Here se nuwe toekoms...

image_pdfimage_print