Category: Bybelse Temas en Sake
Die Jode weier om te glo (5:41-47) – Francois Malan
5:41,42 Die Jode het nie die woord van God in hulle nie (5:38), ook nie die lewe van God nie (5:40), of die liefde van God nie (5:42). Jesus weet dat hierdie beskuldigings oor wat hulle nie het nie die Jode nog meer vyandig teenoor Hom maak. Maar Hy is nie oor die eer van mense gesteld nie, Daarom kan Hy vry uit die Jode wys waar die fout in hulle godsdiens is. Hy ken hulle en weet dat ware liefde vir God by hulle ontbreek. Hulle is so gesteld op hulle godsdiens, maar deur hulle godsdienstige ywer sê hulle dat Jesus godslasterlik praat wanneer Hy God as ‘My Vader’ noem (5:18).
Die getuies ten gunste van Jesus vervolg (5:34-40) – Francois Malan
5.34 Jesus is nie afhanklik van die getuienis van ‘n mens nie, maar Hy verwys tog na Johannes die Doper se getuienis, wat hulle verwerp het, om hulle te laat nadink, om van oortuiging te verander, sodat hulle gered kan word, as hulle die Doper se getuienis oor Jesus sou aanvaar, want dit bly waar.
Geregtigheid en selfbeheersing en die komende oordeel – Francois Malan
Andre vra:
Handelinge 24:25 sê, Paulus het vir Feliks en sy vrou geleer oor hoe om hulle sondige begeertes onder beheer te kry/ to take control over their passions. Hoe kry n mens dit reg?
Was Jesus ‘n algemene naam? – Francois Malan
‘n Leser vra:
Kan iemand my asseblief sê of die naam Jesus ‘n algemene naam in die Bybelse tyd was – met ander woorde alhoewel ons weet en glo in Jesus Christus was daar nog mense wat ook die naam Jesus gehad het alhoewel ons weet dat dit nie dieselfde Jesus is wat ons ken en in glo nie.