Die Tweede Konsilie van Nicea

image_pdfimage_print

“Nobody dies early.” Matt Chandler

 

Die Tweede Konsilie van Nicea

Hierdie is die laaste van sewe konsilies en het in 787 in Nicea plaasgevind. Tussen 258 en 335 biskoppe het die vergadering bygewoon. Na die dood van Konstantyn V word sy seun, Leo IV, die nuwe keiser. Hy behou sy vader se ikonoklasme (Ikonoklasme = die vernietiging, verbreking van beelde), Sy vrou, Irene, daarenteen was ‘n voorstander van die aanbidding van beelde. In 780 sterf Leo en word hy deur sy vrou opgevolg.

 

In 784 versoek die patriarg van Konstantinopel Konstantyn om ‘n vergadering byeen te roep om die kloof tussen die Westerse en Oosterse Kerke te probeer oorbrug. Hulle sou ook die gebruik van ikone bespreek. Van 24 September tot 23 Oktober 787 word agt sessies gehou. Die finale sessie is in die Magnaura paleis gehou. Irene en haar seun Konstantyn VI was ook teenwoordig.

Die gevolge van die vergadering kan soos volg opgesom word:

  • Polities was dit ‘n faktor in die verdere vervreemding van die Westerse en Oosterse kerke.
  • Ikonoklasme het vooruitgang gestrem en waardevolle antieke skatte verwoes. Dit moet gestaak word. Dit lei tot ‘n bloeitydperk van die Bisantynse kuns.
  • Kloosters vol ikone/beelde word nou plekke van meditasie. Die monnike word die fokus van dit wat heilig in die wêreld is.
  • Die heilige beelde van Christus  wat Hom as mens uitbeeld, weerspieël sy goddelike en menslike karakter. Dit herinner ons voortdurend dat Jesus Christus waarlik mens en waarlik God is.

Dit was eers in die 16de eeu wat die Hervormers die gevare van ikone besef het en die kerk opgeroep het om hulle weer te verwyder.

image_pdfimage_print

You may also like...