Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Stede en Dorpe(9) – JP Louw

image_pdfimage_print

Water vir Koning Dawid

2 Samuel 23:13-18. Dawid het dors geword en wou graag van die water uit die put in die poort van Betlehem drink, maar die Filistyne het die stad beset. Drie van sy manne het daarin geslaag om deur te glip en van die water vir Dawid te kry, maar toe hulle dit aan horn gee het hy dit op die grond uitgegooi as ‘n offer aan die Here. Hierdie gebeure is vir moderne mense baie vreemd. Dit het gebruike van destyds behels wat ingehou het dat as iemand jou lets gee wat uiters kosbaar is, ja selfs met lewensgevaar bekom is soos hierdie water, dit te blatant is om so ‘n geskenk aan te neem. Dan moet dit eerder as die kosbaarste besitting wat jy het aan die Here geoffer word. Dawid se handeling was dus nie onbeskof nie, maar het sy opregte waardering en agting vir sy manne en die Here getoon.

‘n Stad tussen heuwels

Psalm 121:1. Jerusalem is geleë op ‘n rif wat deur heuwels omring is en so goeie wagposte gebied het. Dit was dus maklik vir die inwoners van Jerusalem om te dink dat hulle stad veilig was. Die digter van Psalm 121 spreek hierdie gevoel aan as hy in vers 2 se “my hulp kom van die Here”. Een van die heuwels wat oor Jerusalem kyk is Kirjat-Jearim waar Dawid die verbondsark laat bly het omdat die Tempel toe nog nie gebou was nie. Wes van Jerusalem lê die Olyfberg vanwaar Jesus na die stad gekyk en daaroor geween het.

Die juk van Jesus

Matteus 11:29. Moderne mense dink meestal aan hierdie juk as die juk wat op die nekke van osse geplaas word wanneer hulle ingespan word. Maar Jesus praat oor ‘n juk wat mense gedra het-‘n stuk hout wat agter oor die nek en skouers van ‘n persoon geplaas is en wat lank genoeg was om aan beide ente mandjies of emmers of sakke te hang. In baie wêrelddele vind mens vandag nog jukke soos hierdie wat mense gebruik om vragte te dra. Die verwysing in Matteus 11 is dus na ‘n persoon wat ‘n lasdraer van so ‘n juk was. Om ‘n swaar vrag te dra was soms onmoontlik maar met so ‘n juk kan ‘n mens baie behartig. Jesus se dus dat hy ons ook taste laat dra maar dat die vrag lig is.

Om Jesus te volg

Matteus 16:24. Die uitdrukking “agter my aan wil kom” in die betekenis “saam met my wil kom” hou moontlik verband met die gebruik dat in die nou strate van die stede en dorpe en in die voetpaaie buite in die veld mense dikwels agtermekaar geloop het. Om iemand te volg beteken dus om agter iemand aan te gaan.

Skrywer:  Prof JP Louw

image_pdfimage_print

You may also like...