Godsdienstige Pluralisme (2)

image_pdfimage_print

 

A Christian sermon is one that will cause you to be thrown out of a synagogue or a mosque – Jay Adams

Godsdienstige Pluralisme (2)

Godsdienstige pluralisme is vandag ‘n ernstige probleem vir die kerk. Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie probleem spandeer.

Die onderliggende intellektuele en sosiale transformasie van die afgelope eeue lei tot ‘n kultuurverskuiwing waarin pluralisme aanvaarbaar is. Die ooglopendste faktor is die bewustheid in die Weste van godsdienstige diversiteit.  Ons word meer en meer aan ander godsdienstige tradisies blootgestel – reise oorsee en die Internet.

Globalisering is besig om die manier waarop ons ander wat godsdienstig en kultureel van ons verskil, waarneem te verander. Soos die aantal godsdienstige opsies toeneem, word die relatiewe gesag van enige individuele tradisie verminder.

Daar is ook die neiging om godsdiens pragmaties te benader. Ons verwag nie dat godsdiens objektiewe, ware antwoorde op die groot lewensvrae sal gee nie. Godsdiens word beoordeel op grond van hoe goed hulle ons begeertes en behoeftes hanteer.

In die moderne wêreld is daar ‘n neiging om te onderskei tussen die openbare wêreld van feite en die private wêreld van menings, waardes en voorkeure – en godsdiens is deel van hierdie private wêreld.

Pluralisme is die gevolg van ‘n begeerte om die toenemende kulturele diversiteit van ons tyd te bevestig. Daarom die klem op verdraagsaamheid in godsdiens. Dit is egter baie moeilik om kulturele en godsdienstige sake te skei. Vir baie is die aanvaarding van kulturele diversiteit ononderskeibaar van die aanvaarding van godsdienstige diversiteit.

We have a problem of belief, and it not only raises the question of why we should believe in God, but why we should believe in this God. There are others, after all, and today they are made available in an unprecedented way through the religious supermarkets of modern pluralism (Peter Berger).

 

Volgende keer gaan ons na informele pluralisme kyk.

image_pdfimage_print

You may also like...