Die skooldag
All the world’s a stage, and all the men and women merely players – Shakespeare Die skooldag Calvyn was streng. Hier is die skooldag in Geneve: In die somer begin die skool om 06:00. In die winter kon die studente...
All the world’s a stage, and all the men and women merely players – Shakespeare Die skooldag Calvyn was streng. Hier is die skooldag in Geneve: In die somer begin die skool om 06:00. In die winter kon die studente...
Religion is the sunstance of culture, culture is the form of religion – Paul Tillich
Ek gaan alleen kerk toe
Baie mense kom by die kerk aan as die mense begin sing, kry hulle sitplek, luister na die preek en verlaat die kerk sonder om met iemand te praat. Hulle gee en ontvang geen gasvryheid nie; hulle deel nie hulle laste met ander nie; hulle help nie die swakkes nie; stram verhoudings word nie herstel nie; hulle is nie bly saam met ander nie; hulle huil nie saam met ander nie. Jy kan geen intimiteit in die kerk verwag as jy jou van almal onttrek nie.
12:27-28a Jesus sê: ‘Nou is my hele wese (psuche binneste/hart/denke/gevoel/emosies), ek, in diepe benoudheid/beroering (tetaraktai)’ – sy innerlike stryd word geopenbaar. Sy uur, waarop die Lam van God die sonde van die wêreld op Hom moet neem en wegneem (1:29), het gekom. ‘En wat sal Ek sê? Hy moet die grootste besluit van sy aardse lewe neem. ‘Vader, red My uit hierdie uur!’ is sy gebed. Johannes het nie die ander Evangelies se berig oor Jesus se drie maal herhaalde gebed in Getsemane oor die beker wat Hy moet drink nie, maar slegs hierdie enkele vers oor sy worsteling as mens, oor wat Hy geweet het dat dit vir Hom voorlê, as Hy die toorn van God oor die sonde van die hele wêreld moet dra.
12:20 Die koms van die Grieke bevestig die Fariseërs se klagte in 12:19. Die skrywer sien hulle as die eerste vrug uit die heidenwêreld wat Jesus as hulle Here aanvaar. Daarom plaas hy die gebeurtenis na 12:19. Die Grieke is nie Griekssprekende Jode (soos in Hand 9:29) nie, maar ‘godvresende’ Grieke (soos in Hand .7:4, vgl. Hand.13:16) wat soveel in die Joodse godsdiens belangstel dat hulle na Jerusalem toe gekom het om deel te neem aan die Paasfees.