Dink nuut oor God se wil (2)
Those who observe suffering are tempted to reject God, those who experience it often cannot give up on God, their solace and their agony – Miroslav Volf
Dink nuut oor God se wil (2)
Frank Viola (Rethinking the will of God) het ‘n baie interessante siening oor die wil van God. Dit laat ‘n mens waarlik weer dink.
In die vorige blog het ons gesien dat dit verkeerd is om God se wil as ‘n treinspoor te sien – ons moet dit eerder as ‘n parkeerplek sien waarbinne ons ons vryheid moet ontdek.
Enige parkeergebied het grense, maar binne die gebied is daar baie keuses – parkeerplekke. Sekere keuses is beter as ander, maar daar is baie plekke waar dit geen verskil maak waar ek parkeer nie.