www.bybelkennis.co.za Blog
The tragedy of modern man is not that he knows less and less about the meaning of his own life, but that it bothers him less and less – Vaclav Havel
Sekularisasie en ons lewe
Ons hoor so baie oor sekularisasie, maar wat is dit nou werklik? Dit is die proses waardeur die beslissende idees en instellings van godsdiens geneutraliseer word – godsdienstige idees is van min belang en godsdienstige instellings word gemarginaliseer. Ons moderne manier van dink, word tot ons vyf sintuie beperk.
The more we get what we now call ‘ourselves’ out of the way and let Him take us over, the more truly ourselves we become – C. S. Lewis
God roep my: Wat beteken dit?
Kyk ons na die Bybel sien ons dat die woord verskillende betekenisse het.
- Roeping het ‘n eenvoudige betekenis – God roep en ek antwoord. Ongelukkig het baie mense dit ‘n ingewikkelde teologiese begrip probeer maak.
- In die Ou Testament beteken roep ook om ‘n naam te gee. So roep God vir Israel om sy volk te wees. Roep beteken dus nie net wees en doen wat ons reeds is nie. Dit beteken ook ons word wat ons nog nie is nie – Israel word God se volk.
Either these are not the Gospels, or we are not Christians – Thomas Linacre nadat hy die vier evangelies gelees het.
Verantwoordelik vir, verantwoordelik aan
Vandag is daar ‘n soeke na morele verantwoordelikheid. Ons hoor die wêreld verkeer in ‘n morele krisis wat reggestel moet word. Tot die 19de eeu was verantwoordelikheid nie ‘n deug nie – dit was die fondament waarop die ander deugde gebou was. Vandag is dit saam met deugde soos verdraagsaamheid van die enkele deugde wat nog oor is. Die probleem is dat ons verantwoordelikheid van sy wortels losgemaak het. Sonder wortels kan verantwoordelikheid net kwyn en mettertyd sterf.
God uses men who are weak and feeble enough to lean on him. —Hudson Taylor
My roeping en lewensdoel (3)
Die groot probleem in ons soeke na ‘n lewensdoel is die afstand tussen Skepper en skepsel. Maak nie saak hoe briljant of toegewyd ons is nie, ons kan nie daardie afstand oorbrug nie. Ons kan nie vir God vind sonder God nie; ons kan nie vir God bereik sonder God nie. Ons soeke na ons lewensdoel is tevergeefs tensy God se genade die soeke inisieer en tensy God se roeping ons na Hom toe trek nie.