www.bybelkennis.co.za Blog
Die Jode weier om te glo (5:41-47) – Francois Malan
5:41,42 Die Jode het nie die woord van God in hulle nie (5:38), ook nie die lewe van God nie (5:40), of die liefde van God nie (5:42). Jesus weet dat hierdie beskuldigings oor wat hulle nie het nie die Jode nog meer vyandig teenoor Hom maak. Maar Hy is nie oor die eer van mense gesteld nie, Daarom kan Hy vry uit die Jode wys waar die fout in hulle godsdiens is. Hy ken hulle en weet dat ware liefde vir God by hulle ontbreek. Hulle is so gesteld op hulle godsdiens, maar deur hulle godsdienstige ywer sê hulle dat Jesus godslasterlik praat wanneer Hy God as ‘My Vader’ noem (5:18).
The essence of apostasy is changing sides from that of the crucified to that of the crucifier. —John Stott
Wat is my verhouding met die God wat met my in die Bybel praat?
Baie van ons ken die leer oor die Bybel: die Bybel se gesag, inspirasie,onfeilbaarheid, ens. Maar nou kom Jakobus met ‘n verdere vraag: Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? (2:14). Die regte siening van die Bybel beteken ek ken en ek glo, maar daar is nog ‘n verdere stap: ek moet betrokke raak by die God van die Bybel. Jesus het hieroor ‘n gelykenis vertel: die gelykenis van die twee seuns (Matteus 21:28 – 32). Om te weier en later tog te gaan werk in die wingerd is tog beter as om in te stem en nie te gaan werk nie.
The storms of life no more indicate the absence of God than clouds indicate the absence of the sun. —John Blanchard
Wat moet ek met die Bybel doen?
Elkeen wat dan hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ‘n verstandige man wat sy huis op rots gebou het … elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met ‘n dwaas wat sy huis op sand gebou het (Matteus 7:24 – 27)
Die Bybel is die skepping van God en Hy staan langs ons as ons die Bybel lees. Ons mag nie vergeet dat die Bybel God se storie is nie. Daarom is dit anders as alle ander boeke.
The biblical gospel is not a collection of timeless statements such as God is love. It is a narrative about things God has done – John Goldingay
Die Bybel is ‘n storie
Hoe kan ons sê dat die Bybel ‘n storie is? In die Bybel kry ons ‘n knoop (plot), karakters (Vader, Seun en Gees, God se mense, die wêreld) en baie skrywers wat saam die storie vertel. Elkeen van ons – en die skrywers van die Bybel – vertel hierdie storie op sy eie manier. Jesus gee aan die skrywers van die Bybel sekere opdragte aangaande die knoop van die storie – Hy gee rigting aan die storielyn. Elke skrywer skryf sy storie binne hierdie storielyn, maar hulle het baie vryheid om die storie op hulle eie manier te skryf. Die eenheid van die Bybel is hierdie storie.