www.bybelkennis.co.za Blog

Faktore was Kerkgroei beïnvloed

We are not diplomats but prophets, and our message is not a compromise but an ultimatum. —A.W. Tozer

Faktore was Kerkgroei beïnvloed

Op Amazon.com is daar 25 000 boeke in die kategorie kerkgroei – en hierdie beweging is maar 40 jaar oud. Daar is net 6 900 boeke in die kategorie kerkvernuwing.

Met so baie boeke oor kerkgroei kan ‘n mens met reg vra: Is daar enige konsensus? ‘n Onlangse studie ontdek daar is 115 verskille faktore wat gemeentes laat groei. Net ses faktore word deur 70% van die skrywers genoem. Wat is hierdie faktore?

Foute wat ons maak as ons die Bybel lees

To forsake Christ for the world, is to leave a treasure for a trifle, eternity for a moment, reality for a shadow. —William Jenkyn

Foute wat ons maak as ons die Bybel lees

Frank Viola identifiseer agt foute wat ons algemeen maak as ons die Bybel lees:

  • Lees die Bybel sonder gebed. Die Bybel is ‘n geestelike boek en kan nie sommer soos enige ander boek gelees word nie.

Die Woord van God in die skepping en die herskepping (Johannes 1:1-5)

Die Woord van God in die skepping en die herskepping (Johannes 1:1-5) – Francois Malan

1:1 ‘In die begin’ – soos in Genesis 1:1, maar anders as Genesis begin dit hier nie met die skepping nie, maar  met wat voor die skepping reeds was (vgl. 17:24). En dan die verrassing: nie in die begin was God nie, maar was die Woord.

DIE EVANGELIE VOLGENS JOHANNES: INLEIDING

DIE EVANGELIE VOLGENS JOHANNES: INLEIDING – Francois Malan

Die raaisel wat die vierde Evangelie omring

 

Ons is vandag nie meer seker wie hierdie Evangelie geskryf het, waar dit geskryf is of wanneer nie. Die opskrifte van die vier Evangelies wat hulle aan bepaalde persone verbind, is later bygevoeg. Die vroegste getuienis oor die skrywers kom van Ireneus, biskop van Lyon in Frankryk wat in Smirna in die huidige Turkye groot geword het en sendingwerk in Gallië gaan doen het. Hy het as kind by Polikarpus gehoor dat Johannes die Evangelie in Efese geskryf het. Polikarpus van Smirna sou gesê het dat hy vir Johannes geken het, en ander persone wat die Here gesien het. Polikarpus het op 86 jaar in 155 n.C. in Rome op die brandstapel gesterf vir sy geloof (dus gebore in 69 n.C.). Ireneus het gesê Johannes het in Efese gebly tot die tyd van keiser Hadrianus (98-117 n.C.).