www.bybelkennis.co.za Blog
Laat sy Liefde jou Lei: soms is die wind uit jou seile – Milanie Vosloo
Soms is die wind uit jou seile!
Hy het op sy knieё neergesak en hard uitgeroep: “Here, moenie hierdie sonde teen hulle hou nie!” Handelinge 7:60a
Het jy al gevoel asof iemand die wind uit jou seile neem?
Walking is man’s best medicine. –Hippokrates, die vader van die geneeskunde (460-377 vC)
Job se herstel
Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here die omstandighede van Job verander en hom twee keer soveel gegee as wat hy gehad het (Job 42:10).
Job se herstel was nie net ‘n beloning vir sy geregtigheid nie – dit wat ook God se vrygewigheid wat ‘n groot rol gespeel het. God skuld ons niks nie, maar dit het Hom nog nooit verhoed om vir ons alles te gee nie.
If all the ignorant need are paintings and images, why didn’t Jesus send out artists with brushes instead of preachers with words? – Huldrych Zwingli
Die kerk – Wat is dit?
Wat is die kerk? Die kerk is die gemeenskap van alle ware gelowiges van alle tye (Wayne Grudem). Die woord kerk (Grieks = ekklesia) word in die Nuwe Testament gebruik om te verwys na diegene wat deur geloof in die werk van Jesus Christus in een liggaam, ‘n ewige gemeenskap, verenig is. Dit word nie deur tyd en ruimte beperk nie en sal eendag ‘n volmaakte gemeenskap met God deel – vir ewig.
Popularity has slain more prophets of God than persecution ever did. —Vance Havner
Nadenke oor die Bybel
Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry (1 Petrus 2:2).
Hoekom sukkel ons om vol te hou met die geestelike dissiplines soos die lees van die Bybel? Smag ons nog na die woord van God?