Die Handelinge van die Apostels: Timotheus sluit by Paulus en Silas aan (Hand 16:1-5) – Francois Malan
16:1 Van Silisië af stap Paulus en Silas oor die Taurusbergreeks (taurus ‘bul’ in Latyn) waarskynlik deur die Silisiese poorte deur die berge. Die Taurusberge strek van die meer Egirdir in die weste tot in die bolope van die Tigris...