www.bybelkennis.co.za Blog
“God is on the move to rescue people from misery to everlasting happiness, which can only be found in him.” – John Piper
Tegnologie: Ja of Nee?
Fokus die kerk te veel op tegnologie? Raak die kerk nie te afhanklik van tegnologie nie? As die evangelie getrou verkondig word en wanneer verhoudings gebou word, is dit tog voldoende. Die probleem: dit help nie as die evangelie verkondig word, maar daar is geen nie-Christene teenwoordig om dit te hoor nie. Sou nie-Christene besluit dat dit wat verkondig word nie relevant vir hulle lewens is nie, is die moontlikheid dat hulle weer sal terugkom maar skraal.
‘n Gruwel vir God – Marius Nel
Christal vra:
Wat sal opgerig word in die heiligdom wat ‘n gruwel vir God sal wees, kom voor in Daniel 11 vers 32, Daniel 12 vers 11.
|
If you don’t know God as beautiful and satisfying, you don’t know him.” – John Piper
Ek kan God nie verstaan nie
‘n Amerikaanse student vra vir die bekende Switserse teoloog, Karl Barth, wat die diepsinnigste ding is wat hy in sy studie van die teologie nog ooit geleer het. Sy antwoord: Jesus loves me, this I know, for the Bible tells me so. Gou besef die studente dat Barth ernstig was.
Barth gee ‘n eenvoudige antwoord op ‘n baie diepsinnige vraag. Hiermee vestig hy die aandag op twee belangrike sienings:
- In die eenvoudigste Christelike waarheid skuil daar ‘n diepsinnigheid wat teoloë lewenslank kan besig hou; en
- Al is ons teologies hoe gesofistikeerd styg ons nie werklik bokant die vlak van ‘n kind se verstaan van die geheimsinnige dieptes en rykdom van God se karakter nie.
“Strategy never saved anyone. Only the gospel saves anyone.” – Thabiti Anyabwile
Hoe om te dien
Of as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien … Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien (Josua 24:15).
As ons praat van heiligmaking dink ons aan gebed, Bybelstudie en aanbidding. Christene besef nie dat diens absoluut noodsaaklik is vir volwassenheid in Christus nie – vir heiligmaking nie. Ons oproep om dienaars van God te wees kry ons dwarsdeur die Bybel. God stuur vir Moses na die farao met die boodskap: Laat my volk gaan om my te dien (Eksodus 8:1). Paulus verwys gereeld na homself as ‘n dienaar (of slaaf) van God. Hoe dien ons God? Veral deur sy mense te dien. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees (Matteus 20:26).