www.bybelkennis.co.za Blog
Terug na die Ou Testament: Voorwoord – Adrio König
Voorwoord
Dit is een van die moeilikste boeke wat ek nog geskryf het.
Dis nie oor die stof so ingewikkeld is nie. Dis oor ek moet verskil van mense wat naby my staan, gelowiges wat die Here liefhet.
Daarom is dit deurgaans ‘n saaklike bespreking, want as gelowiges kan ons tog ook saaklik van mekaar verskil, en mekaar probeer verstaan en oortuig.
Apollos – Coen Slabber
Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het (1 Korintiërs 3:6).
Wie is hierdie Apollos van wie Paulus hier praat? Apollos was ‘n Jood uit Aleksandrië wat tot bekering gekom het. Hy was ‘n tydgenoot van Paulus en het ‘n belangrike rol in die gemeentes van Efese en Korinte gespeel. In Aleksandrië het hy waarskynlik onder die invloed van Philo, die Joodse filosoof, gekom.
He who has never learned to obey cannot be a good commander. —Aristoteles
Die verhaal van Josef (2)
God hoor Josef se gebede, maar nie op die manier en tyd wat Josef vra nie. Dit lyk asof God verborge is. Maar tog vertrou Josef steeds vir God. Toe hy in die tronk sit en die bakker en skinker se drome moes uitlê, sê hy vir hulle: God ken julle drome se uitleg (Genesis 40:8). Hy vertrou dat God hom sal help om hulle drome uit te lê. Hy het nie sy rug op God gedraai omdat God nie sy gebede verhoor het nie. Uiteindelik sou Josef sien wat God se plan met hom was. As hy dan op sy lewe sou terugkyk, sou hy besef het dat God die hele tyd by hom was en aan die werk was.
No man will make a great leader who wants to do it all himself, or to get all the credit for doing it. —Andrew Carnegie
Die verhaal van Josef (1)
Vertroue in God skakel nie hartseer uit nie; die een weerspreek nie die ander nie. Om God te vertrou is dikwels nie maklik nie. Lees net Josef se storie. Josef was die tweede jongste van Jakob se seuns. Hy was Jakob se gunsteling: Van al die seuns was Israel die liefste vir Josef. Hy maak vir hom spesiale klere. Dit maak hom ongewild by sy broers. Om dinge te vererger vertel hy twee drome wat hy gehad het. In hierdie drome buig sy broers voor hom neer en dien hom. Josef was arrogant en het ‘n onrealistiese siening van homself gehad.