Die soewereiniteit van God (1)
Nearness to God brings likeness to God. The more you see God the more of God will be seen in you. —C.H. Spurgeon
Die soewereiniteit van God (1)
Tim Keller het pas ‘n belangrike boek – Walking with God through Pain and Suffering (2013) – geskryf waarin hy die vraag waarom daar pyn en lyding is die wêreld is, hanteer. Hierdie is sekerlik ‘n vraag wat almal van ons interesseer en waarop min van ons ‘n goeie antwoord kan gee. Ek glo dat in hierdie boek baie van ons vrae beantwoord sal word. Ek gaan dus ‘n hele aantal blogs hieroor skryf.
Hier is twee balanse waarna ons moet kyk as ons lyding wil verstaan:
- Lyding is regverdig en onregverdig; en
- God is soewerein en ook ‘n lydende God.
Hierdie twee pare waarhede lei tot my verstaan van die oorsake van lyding. Die basiese les: nie een grootte pas almal nie.
(a) Lyding is regverdig